James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Boer tot Bord: Watter legkaartstukke bou ek?

Die Suid-Afrikaanse pot is beslis geroer deur pres. Donald Trump se aankondigings en uitlatings. Uiteenlopende standpunte en sienings is onder ons eie mense aan die orde. Vir ons in die landbou-omgewing is daar beslis ook aspekte wat verreken moet word. ’n Aankondiging van vlugtelingstatus en ’n aanbod aan boere en hul gesinne om ’n vinnige burgerskapproses te deurloop, is ter sprake.

TLU SA se fokus is uiteraard om landbou in Suid-Afrika te stabiliseer, en daarom is dit noodsaaklik dat die rasgedrewe wette wat die land oorstroom het, geneutraliseer moet word. Dit moet beklemtoon word dat daar wel individue is wat om verskeie redes nie meer onbelemmer aan Suid-Afrika se ekonomie kan deelneem nie, want daar is ’n verskeidenheid diskriminerende wette en regulasies wat hulle kniehalter. Vir dié individue kan die aanbod moontlik ’n uitkoms bied. Dit is egter belangrik dat die volle omvang van die aanbod en die praktiese toepassing daarvan eers verreken moet word. As ’n mens die aanbod halsoorkop aanvaar en aangryp, bestaan die moontlikheid dat jy jou vingers kan verbrand.

Intussen stu Suid-Afrika steeds voort op sy gebaande weg. Die begroting het die lig gesien, en soos soveel vorige jare, is daar moontlik ’n goed bedoelde agenda om geld (wat eintlik nie bestaan nie) aan te wend vir verskeie aspekte. Die praktyk het vir ons gewys dat ons nie te veel moet hoop op resultate nie, want jaarliks raak infrastruktuur meer vervalle, werkloosheid styg, misdaad bly buite beheer, en ons land se inwoners ervaar nie ’n beter lewe nie.

In die praktyk sien ons dat daar die afgelope meer as 30 jaar ’n geleidelike proses aangewend is om die land voor te berei om sosialisme en kommunisme te implementeer. Dit is nie iets waaroor ons hoef te wonder nie. Die ANC stel dit self duidelik dat dit die rigting is waarin hulle beweeg, soos uiteengesit in hul Nasionale Demokratiese Rewolusie. Hierdie legkaart wat hulle bou, se stukke word stukkie vir stukkie oor tyd heen ingepas. Voorbeelde hiervan sluit in die ontneming van mineraalregte, daarna waterregte, kaderontplooiing, onteieningswetgewing met nul vergoeding, asook die bewaring en ontwikkeling van landbougrond waar die staat grond kan klassifiseer en besluit wat daarop verbou moet word. Die wet oor die besit van grond volgens demografie word tans ontwikkel, en ons moet nog sien hoe dit uiteindelik gaan lyk.

Die vraag is: By watter loopgraaf gaan daar voet neergesit word om te keer dat ons na ’n bestel van volledige sosialisme en kommunisme beweeg? Wag ons vir die laaste loopgraaf? Dan moet ons weet hoe daardie loopgraaf lyk. Indien dit volledig geïmplementeer word, is armoede en hartseer ons land se mense se voorland.

Daarteenoor is daar diegene wat, ten spyte van die ANC se versmoring van geleenthede vir Suid-Afrika se inwoners, steeds die legkaart bou waar privaat eiendomsreg en ’n vrye mark die uitgangspunt is. Dit is hierdie uitgangspunt wat steeds veroorsaak dat daar darem iets is om te begroot. Hier word die legkaartstukke soos infrastruktuur, spaarkultuur, vaste beleggings, opgeleide arbeidsmag, gesonde fiskale en monetêre beleid, lae belastings, ensovoorts, nagestreef. Dit is hierdie omgewing wat wêreldwyd daarin geslaag het om welvaart te skep, terwyl die ander model welvaart slegs verteer het. Tans is daar om en by 5 miljoen individue wat nog belasting betaal, terwyl meer as 60 miljoen mense daarmee gediens moet word. Sosiale toelae het die norm geword as ’n oplossing vir werkloosheid. Dit is nie volhoubaar nie, en die kraantjies vanaf die VSA wat tot nou toe gehelp het met die aanvulling van ’n reeds leë en wanbestuurde staatskas, is nou ook toegedraai. Wat verstaan die ANC nie? Elke verkeerde benadering en beleidsrigting wat hulle aanwend, jaag kapitaal weg, skep onsekerheid, verarm die land en laat misdaad onbeheers voortgaan.

Organisasies en individue moet ernstig besin oor watter legkaartstukke hulle ondersteun. Deur net stilswyend toe te laat dat die sosialismeen kommunisme-legkaart sonder teenstand gebou word, raak ’n mens inderdaad aandadig daaraan. Die ou gesegde is hier van toepassing: Vir die kwaad om te gedy, verg dit net dat die goeie mense stilbly.

*Bennie van Zyl is die hoofbestuurder van TLU SA en hierdie insetsel het in Pretoria FM se e-koerant Nuusweek verskyn. Klik hier vir meer.

Kategorie:

Deel dit:

Boer tot Bord: Watter legkaartstukke bou ek?

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.