James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Boere moet vasbyt en bly hoop, sê TLU SA president

Moed opgee en hoop verloor mag nie deel van die Suid-Afrikaanse boer se DNS wees nie.

Dít is die boodskap van Mnr. Henry Geldenhuys wat by die jaarlikse TLU SA Kongres as President van TLU SA herverkies is.

Van die belangrikste onderwerpe wat deur die loop van die kongres aangespreek is, is die toename in misdaad en die groot onsekerheid oor grondonteiening. Die tema van die 2022 kongres is “Reik na die Toekoms”.

Volgens mnr. Geldenhuys is dit moeilike tye vir Suid-Afrikaners, maar dat almal moet aanhou werk om ’n toekoms vir die nageslag te laat.

“Ons sal moet vasbyt, sterk staan en ons rûe styf maak. Kom ons ontgin en benut geleenthede wat oor ons pad kom en reik saam na die toekoms.”

Oor misdaad sê hy: “Misdaad in ons land is buite beheer. Plaasaanvalle en -moorde vind steeds byna daagliks plaas. Vanjaar alreeds 106 aanvalle en 28 moorde. Sedert 1990 tot vandag is 6115 aanvalle en 2198 moorde aangemeld. Elke individu moet verantwoordelikheid neem vir sy eie veiligheid en gesamentlik met sy gemeenskap toesien dat daar gemeenskapsveiligheid planne geïmplementeer word. Opleiding in al sy fasette moet deurlopend plaasvind en bygewoon word as ons wil aanhou boer. Die mees onlangse nasionale moordsyfer wys dat daar 71 mense per dag in ons land vermoor word. Dit is een lewe elke drie uur.

“Diefstal van algemene landbouprodukte bly steeds ’n groot probleem, ook diefstal van infrastruktuur soos koperkabels en heinings word meer en meer ondervind aangesien dit gou in geld omgesit kan word. Wat veediefstal aanbetref sien ons ’n reuse-afname omdat net sowat 20% van die voorvalle aangemeld word. Dit beteken een ding, gemeenskappe het vertroue in die polisie en die regstelsel verloor. Binne ons veiligheidskomitee is daar dan ook nou ’n sub-komitee gestig met sy eie voorsitter en verteenwoordiging uit elke streek wat net op veediefstal gaan fokus.”

Soos mnr. Geldenhuys is mnr. Wannie Scribante eenparig as adjunk-president herverkies.

Die gasspreker mnr. Dawie Roodt,  Ekonoom: Efficient Wealth, het gepraat oor “Die impak van die regering se beleid op die breë ekonomie en die gevolge daarvan vir die landbouer in Suid-Afrika”.

“Dit is nodig dat die regering besef dat grond op sy eie geen waarde het nie. Die boer moet weet wat om met die grond te doen en dit is wat saak maak,” sê mnr. Roodt oor grondonteiening.

Die jaarlikse wenners van die verskeie uitdagings en kompetisies is aangekondig:

  • Goliat van Gat Pampoenkompetisie Trofee: Wikus Lambrecht van Meyerton, 846kg;
  • Kiepersol Trofee vir die Boere-unie van die jaar: Roedtan-Suid-boerevereniging;
  • Willie Marais Trofee vir die beste kommunikasie oor TLU SA se boodskap en landbou: De Wildt-boerevereniging;
  • TLU SA Landelike Veiligheid Trofee: Individuele wenner: Jaco Taute van Losberg-boereunie;
  • Commondale Trofee vir Beste Boerevereniging: Roedtan-Suid-boerevereniging;
  • Presidentsbeker vir Jongboer-betrokkenheid: Neels Uys van Suikerbos-boereunie;
  • Isaac Greenberg Beker vir die Beste Streek: Sentraal-streek met Derick Kuün as Streekvoorsitter en Lynette du Plessis as streekbestuurder;
  • Die Nico Kilian Trofee vir die Landboupersoonlikheid van die Jaar 2022: Wannie Scribante, TLU SA Adjunk-president;
  • Jongboer van die Jaar: Daniël Opperman van Naboomspruit.

Kategorie:

Deel dit:

Boere moet vasbyt en bly hoop, sê TLU SA president

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.