Boodskap Van Bennie | Desember 2020

Daar kan met dankbaarheid teruggekyk word na 2020. Inderdaad ‘n unieke jaar wat eiesoortige uitdagings na vore gebring het. In die jaar het TLU SA se ondersteuners gegroei en met almal se bydraes het ons gewis ons stempel afgedruk in die landbou-omgewing.

Hierdie tyd van die jaar word daar gewoonlik bestekopname gedoen oor die jaar wat verby is, maar gewis ook oor die pad vorentoe. Ons gaan nou in ‘n feestyd in waar families saamkuier en stil word rondom ‘n paar belangrike dae wat ons herdenk.

Op 16 Desember is dit Geloftedag. Ons het ‘n verbintenis van ons voorouers om die dag soos ‘n Sabbat deur te bring en erkenning te gee aan God drie-enig vir dit wat by Bloedrivier gebeur het. Mag ons nie die Gelofte vergeet nie. Regdeur die land word daar feeste aangebied en dit is verblydend dat die bywoning daarvan die laaste paar jaar gestyg het.

Ons vier ook as Christene die geboorte van ons Verlosser op 25 Desember. Mag dit vir elkeen vanjaar ‘n ware Christus-fees wees waar ons Sy genade en liefde in oormaat gaan ervaar.

Die nuwe jaar lê vir ons en wink. Dit is nie vir ons beskore om te weet wat 2021 alles gaan inhou nie. Wat ons wel weet is vanwaar ons krag en wysheid om te kan kies en te werk vandaan kom. Mag elkeen baie seën en voorspoed vir 2021 ervaar.

Mag ons ook in die tyd sterk fokus op ons veiligheid en toesien dat ons nie in ‘n onbewaakte oomblik onkant gevang word deur diegene wat vandag as terroriste in die land opereer nie.

TLU SA se kantore sluit op 15 Desember en sal weer op 4 Januarie oopmaak.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.