James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Boodskap van Bennie | Januarie 2025

Suksesse vir 2024

Wanneer daar in die begin van ’n nuwe jaar beplan word, is dit altyd waardevol om terug te kyk na die afgelope jaar. TLU SA is dankbaar vir die vele geleenthede en suksesse wat ons met trots kan onthou. Ons het daaruit geleer en hopelik sal dit ons help om beter besluite vir die toekoms te neem. Die landbou-omgewing sal in 2025 verskeie uitdagings die hoof moet bied – maar dit was ook die geval in 2024. Die belangrikste is dat ons saakmakende planne en geleenthede moet skep wat lede in staat stel om volhoubaar en veilig voort te gaan met hul boerdery.

Boere moet besef dat die uitkoms van alles wat op die plaas gebeur in hul eie hande is. Die buigsaamheid in besluitneming en uitvoering, gebaseer op bewese kennis en ondervinding, verskaf dikwels die nodige ruimte vir positiewe resultate.

In 2024 was daar verskeie hoogtepunte wat ’n betekenisvolle impak gehad het:

  1. TLU SA se jaarlikse Jongboerkonferensie het reeds gevestig as een van die hoogtepunte van die landbou-kalender.
  2. Die Pretoria Boeremark gaan van krag tot krag. Sedert die mark sy deure in 1992 oopgemaak het, het dit steeds ’n suksesvol wenresep gebly. Die laaste aandmark van 2024 het meer as 13 000 besoekers gelok.
  3. TLU SA het op ’n stadium alleen opgetree rakende die Landbouplan, wat aanvanklik nie genoeg gefokus was op winsgewendheid nie, maar eerder op transformasie. Die werk wat TLU SA gedoen het, het daartoe gelei dat die gesprek weer heropen is.
  4. TLU SA het die Sonneblomtoekenning aan die media begin uitdeel, om die positiewe landbouboodskap te erken. Carien Kruger van Landbouweekblad was die eerste ontvanger.
  5. Twee komitees het Handveste geskep om ’n sterk basis vir hul werk te bou: die Handves vir Privaat Eiendomsreg en die Handves vir Ekonomiese Sake.
  6. Die dilemma van winsgewendheid is al vir 15 jaar onder die aandag van TLU SA se lede en word nou met die hulp van verskeie rolspelers aangespreek.
  7. Die Pampoenfees, wat TLU SA se affiliasie, die Cullinan Boere-unie, aanbied, het sy nasionale merk van sukses gelos, en die pampoene word na die kompetisie vir liefdadigheid geskenk.
  8. Verskeie boeredae, wat deur affiliasies aangebied word, dien as platforms om kennis oor landbou aan lede oor te dra.
  9. TLU SA se Traumafonds het grootliks afhanklik van donateurs geword en het boere in nood gehelp. Die fonds werk saam met ander organisasies om hulp aan boere te verskaf.
  10. Die Traumanetwerk, wat ontstaan het na TLU SA se besoeke aan kerke, het ’n sterk samewerkingsooreenkoms met Afriforum gevestig om traumaondersteuning aan slagoffers te bied.
  11. Die werk wat TLU SA gedoen het sedert die daarstelling van die RNE met die minister van Landbou se kantoor, het ’n goeie werksverhouding geskap, en die toegang tot die minister se kantoor is die beste in 30 jaar.
  12. Ons teenwoordigheid by groter geleenthede soos Kragdag en Nampo het geleenthede vir goeie netwerking gegee.
  13. Die ondersteuning van vriende van TLU SA oor die land is van onskatbare waarde. Dit stel ons in staat om ons boodskap van realistiese hoop te versprei en ondersteuning aan boere te bied.
  14. Die meelewing van ons lede en hul insette in die onderskeie komitees en strukture bly steeds een van ons kosbaarste ervarings. Dit verteenwoordig die momentum en koers van TLU SA se werk om kommersiële boere in produksie te hou.

Met groot dankbaarheid kan ons terugkyk op die genade wat ons lede en organisasie ten spyte van baie terugslae steeds ervaar het. Stwerkte vir 2025!

 

Foto Gozha NetUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Boodskap van Bennie | Januarie 2025

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.