Boodskap van Bennie | Julie 2020

‘…My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis…’ is die eerste gedeelte van Hosea 4:6 en is vir ons almal ‘n baie bekende aanhaling uit die Bybel. Dit is inderdaad so dat wanneer iemand nie weet nie, dan weet hy nie. Dit lei dat iemand dan geen besluit of ‘n swak besluit neem.

In byna elke gesprek wat ons deesdae het, word verwys na die uitdagende tye waarin ons nou leef. Dit is ook heeltemal met reg. Dinge is vandag net anders as waaraan ons nog tot onlangs gewoond was.

Ons landbouers gaan gebuk onder verskeie irrasionele aspekte wat hanteer moet word.  Vanaf TLU SA se kant word daar, met groot dank teenoor ons ampsdraers en amptenare, gereeld riglyne uitgereik oor hoe om van hierdie ongemaklike situasies te kan hanteer. Dit is hoe ver ons as ‘n organisasie behulpsaam kan wees om ons lede met die nodige inligting te bedien. Dit is die verantwoordelikheid van ons lede en ondersteuners om dit self toe te pas en ook terugvoer met nuwe voorstelle en aanbevelings te gee. Dit is wat ons sterker maak.

Wyle Dries Joubert het ‘n baie mooi vergelyking getref met ‘n skuifsleutel (shifting spanner) en georganiseerde landbou. Indien jou skuifsleutel in die stoor op die rak lê, beteken dit vir jou niks. Jy moet self die skuifsleutel optel en die nodige verstellings doen om dit te gebruik vir die doel waarvoor jy dit nodig het.

Die krag van georganiseerde landbou lê juis daarin dat dit groter wringkrag kan genereer.  Deur ‘n pyp oor die agterkant van die skuifsleutel te trek, bewerkstellig jy meer wringkrag. Meer wringkrag vir ‘n BV, beteken meer wringkrag vir ‘n DLU wat lei tot meer wringkrag vir die totale organisasie. Maar die lang pyp vir wringkrag beteken niks indien die lid aan die voorkant nie die skuifsleutel reg posisioneer en in plek hou nie.

Oor elk van die aspekte is dit die lid self wat moet gaan toepas. Die riglyn is uit oor waardasierolle. Maar indien die lid nie self voortgaan om die riglyn toe te pas nie, moet hy self die gevolge dra wanneer eiendomme se waardasies onaanvaarbaar hoog word.

Ons het al meer as 40 riglyne oor veiligheid in die vorm van ons Bulletins uitgestuur. Dit hang egter van die lid af of die teiken op hulle rug kleiner word, omdat hulle die riglyne toepas.

Dit is verstommend hoe baie boere uit gevestigde strukture beweeg om ‘n nuwe struktuur te begin en die hele wiel van vooraf probeer ontwerp.

Die krag van georganiseerde landbou is gesetel op grondvlak. Dit is daar waar ons ‘n taakverdeling in ‘n gemeenskap stel sodat ons kollektief mekaar se kundigheid kan inspan.  Neem die skuifsleutel op en help dat jou buurman ook toegang tot die beste inligting het – saam skep ons dan die nodige wringkrag, kennis en kundigheid.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.