Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Chris van Zyl praat veiligheid Woensdag | 02 Maart | 2022

Een plaasmoord per week. ’n Plaasaanval elke dag.

Dít is volgens misdaadsyfers die onaanvaarbare stand van plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika.

“Dit is onaanvaarbaar hoog. Gauteng is loshande eerste, gevolg deur Mpumalanga, Noordwes en dan die Vrystaat en Limpopo. Maak nie saak hoe jy na die huidige stand van sake kyk nie… dit is totaal en al onaanvaarbaar,” het gen. maj. Chris van Zyl, wat tot onlangs in diens van TLU SA en belas met veiligheid was, gesê.

Van Zyl het 45 jaar – 36 jaar in die Suid-Afrikaanse Weermag en 19 jaar in diens van TLU SA – se ervaring met veiligheidsaangeleenthede.

“Daar is die persepsie onder kriminele dat boere weerloos is. Hul hulp is ver en dit maak van hulle ’n relatiewe sagte teiken. Oor die algemeen is die aanvallers vreemdelinge in die gebied. Dit skep die element van georganiseerde misdaad. Hulle moet immers oor bepaalde inligting oor die teikens beskik.

“Nog ’n opvallende aspek is die vlak van geweld met die aanvalle teenoor dit wat gesteel word… daar is geen verband nie. Dan is daar ook nog diefstal van produkte en kwesbaarheid van lewendehawe wat faktore is wat veiligheid op plase beïnvloed.”

Die Landelike Veiligheidstrategie, wat veronderstel is om deur die SAPD gedryf te word, is laas in 2018 opgedateer.

“Laat ek net eers dit sê: die Landelike Veiligheidstrategie is ’n baie goeie plan… sonder twyfel. Vir die onmiddellike toekoms word daar ’n spitsberaad beplan om die strategie te hersien en op te dateer. ’n Pragtige plan wat egter op die rak sit en stof vergader het geen waarde nie. As daar nie die wil of middele – personeel, logistieke steun, kommunikasie en misdaadintelligensie – is nie, is dit nie eens die papier waarop dit geskryf is, werd nie.”

Daar is verskeie redes hoekom dit so hengse uitdaging is om boere veilig op plase te hou.

“Plase is grotendeels afgesonder. Met die ontbinding van kommando’s is daar ’n leemte gelaat. Ten spyte daarvan dat plaasaanvalle en landelike veiligheid prioriteitsmisdaad is, is die toewysing van middele – personeel, logistieke ondersteuning, kommunikasie en misdaad-intelligensie – alles behalwe na wense. In die praktyk is ’n boer op die gewilligheid van sy buurman om tot sy hulp te kom, aangewese. Dit is boere se verpligting om met die hulp van tegnologie en hindernisse tyd te probeer wen sodat jy nie sagte teiken in jou huis is nie.”

Advies?

“Ek is voorstander van enige iets wat ’n boer vroeë waarskuwing kan gee, veral in die nag. Soos die uitleg van jou tuin. Effektiewe heinings; verkieslik gekoppel met ’n alarmstelsel. Goeie beligting. Goeie kommunikasie met jou plaaswerkers is van kardinale belang. Inligting oor vreemdelinge in die omgewing kan effektief aangewend word om te verseker almal is op hul hoede. Informele inligtingsnetwerke mag nie onderskat word nie. Vir my is die hoeksteen van veiligheid die volgende: ‘My buurman se veiligheid is ook my veiligheid’.”

Verdere hulp middele sluit plaaswagte in. “Deeglike kennis van die omgewing en effektiewe kommunikasie oor die algemeen is van kardinale belang.”

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

sluit aan

Sluit aan
POPI