Die TLU SA handelsmerk moet mense dadelik laat dink aan oplossings en toekomsgerigtheid wat gebaseer is op ‘n vaste fondament van geloof en onkreukbare integriteit. Dit is daarom baie belangrik dat al ons lede hierdie kenmerke uitleef as ‘n ambassadeur van TLU SA.
Die wyse hoe ons met die media kommunikeer is ‘n belangrike manier om ons handelsmerk te versterk. Dit is daarom goed om toegerus te wees om enige kommunikasiegeleentheid professioneel te hanteer.
Ons beplan om in elke streek ‘n kommunikasie opleidingsdag te hou waar hierdie tipe vaardighede verduidelik en opgeskerp sal word. Dit sal nuttig wees vir elke Boerevereniging, Boere-unie en DLU, sowel as die Streek se verkose leiers om dit by te woon.
Enige ander lid is uiteraard ook baie welkom. Dit is ‘n geleentheid vir persoonlike verryking van vaardighede.
Tydens die Algemene Raad is die onderskeie streke versoek om vir ons moontlike datums vir sulke geleenthede te verskaf. Sodra die onderskeie streke se datums beskikbaar is, sal dit gekommunikeer word.