Droogte se impak

Terwyl groot dele van die land die afgelope tyd goeie neerslae reën ervaar het, is sekere dele van die land steeds vasgevang in die knellende droogte se knyptang.

Daar is groot dankbaarheid vir die goeie reën en die gesaaides sowel as die weiding in hierdie gebiede is aanskoulik. Mag ons geseën word met goeie opvolg reën wat belangrik is  om oeste suksesvol deur te sien en voldoende weiding te genereer.

Daar is egter in sekere dele van die Noord-Kaap steeds ernstige droogte. Deel van die probleem is dat die veekuddes in hierdie gedeeltes nou slegs 30 – 50% uitmaak van wat die boere normaalweg aanhou. Die tyd wat dit gaan neem om weer ekonomies lewensvatbare kuddes te kan hê gaan ‘n groot poging verg wat nie vinnig sal kan gebeur nie.

KOEKIEBAK PROJEK

‘n Groep dames het verlede jaar weggespring om self aan hulle omstandighede iets te doen. Met die Koekiebak-projek kon die deelnemers vir hulleself inkomste genereer. In sommige gesinne is daar voldoende fondse verdien om selfs die lone-rekening vir Desember te kon betaal sowel as kruideniersware vir die gesin aan te koop.

Ongeveer R2,5 miljoen is op hierdie wyse gegenereer.
Die Koekiebak projek gaan voort en word deur die Caring Daisies ondersteun, terwyl die bak van beskuit in die vooruitsig.

Ondersteun asb die projek. ‘n Emmertjie koekies van 600 gram bevat drie soorte gevulde koekies en twee soorte ongevulde koekies is teen R100.

Bestellings kan by hierdie skakel geplaas word: klik hier. Afsetpunte word ook daar aangedui.

Volg die vordering op die Caring Daisies se Facebookblad.

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.