James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Finaliste aangekondig vir TLU SA se Jongboer van die Jaar 2025

TLU SA is trots om die ses finaliste van die Jongboer van die Jaar 2025-kompetisie aan te kondig. Die kompetisie, wat vanjaar vir die 24ste agtereenvolgende jaar aangebied word, vier jong landbouleiers wat met passie, vernuf en vasberadenheid boer, ongeag die grootte of aard van hul onderneming.

Volgende week, vanaf 14 tot 18 Julie 2025, sal die nasionale paneel van beoordelaars elkeen van die finaliste op hul plase besoek. Hierdie plaasbesoeke vorm deel van die tweede beoordelingsronde waar onder meer na bestuursvernuf, tegniese kundigheid en finansiële bestuur gekyk word.

Die ses finaliste vir vanjaar is:

  • Niel Booyens (28) van Belfast, boer met beeste, skape en graan (mielies, sojas en hawer).
  • Tiaan Barkhuizen (33) van Garies, het ‘n Dorperstoet en boer kommersieel met boerbokke en skape.
  • Thian Heyns (29) van Clocolan, Vrystaat, boer met Sussex stoet- en kommersiële beeste asook mielies, sojas, sonneblom en koring.
  • Martin van Jaarsveld (30) van Greylingstad, Mpumalanga.
  • Willem van der Merwe (36) en Francois du Toit (34) van Chrissiesmeer, Mpumalanga, skryf as vennote in. Hulle is Saaiboere en deel verantwoordelikhede tussen bemarking, beplanning, finansies, instandhouding, proewe en sekuriteit. Willem is ook ‘n prokureur en Francois ‘n tegnikus in bosbou.
  • Francois du Toit (34) skryf ook afsonderlik in met ‘n fokus op saaigrond.

Die Jongboer van die Jaar-kompetisie staan oop vir enige TLU SA-lid van 40 jaar en jonger. Kandidate boer óf selfstandig óf in vennootskap, mits hul verantwoordelikhede duidelik afgebaken is. Beoordeling geskied objektief volgens internasionale bestuurskriteria deur ‘n onafhanklike paneel van kenners.

Die groot prys vir die wenner sluit in ‘n splinternuwe BYD-bakkie geborg deur Hatfield Motor Groep vir ‘n jaar se gebruik, sowel as R50 000 kontant, geborg deur Manitou. Santam borg die kontantpryse vir die naaswenner en derde plek.

Die drie topfinaliste sal ná afloop van die plaasbesoeke aangewys word, en die wenner sal tydens die TLU SA Kongres op 10 September 2025 bekend gemaak word.

Kategorie:

Deel dit:

Finaliste aangekondig vir TLU SA se Jongboer van die Jaar 2025

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.