Goliat van Gat Pampoenfees 2025: Wie kweek die swaarste reus?

 

Ons het reeds begin om die dae af te tel vir die 2025 Goliat van Gat Pampoenfees, wat op 15 Maart 2025 by die Pretoria Ou Motorklub, Silverton plaasvind. Boere en tuinliefhebbers regoor die land is reeds besig om hul reusagtige pampoene te versorg, terwyl die vraag op almal se lippe brand: Gaan die 2025-wenpampoen die vorige rekord van 890 kg oortref?

Een van die deelnemers, Cornelis Bester (47) van Heidelberg, Gauteng, weet dat sukses in hierdie kompetisie nie net afhang van goeie sade nie, maar ook van deursettingsvermoë. “Ontkieming was ‘n groot gesukkel hierdie seisoen,” vertel hy. “Geen van my eie pitte het op gekom nie, en ek moes ‘n ‘weeskind’-plantjie by Wykus Lamprecht kry. Hierdie plant, ‘n Urena 1940 van Kalifornië, is middel Oktober geplant en groei nou mooi.” Cornelis het reeds vyf jaar ondervinding in die kompetisie en het in 2024 gewen met ‘n pampoen van 730.8 kg. Al was hierdie seisoen moeilik, is hy vasberade om deel te neem. “Of my pampoen nou klein of groot is, ek wil ander groeiers aanmoedig om ook deel te neem. Wat begin as ‘n stokperdjie, word gou ‘n leefstyl!”

Foto’s: Cornelis se pampoene in beginstadium tot nou.

Petrus Mare (31) van Buffeldoorn, Fochville, vertel hy het ‘n vorige jaar se wenpampoen se sade gekoop. Na ‘n laat begin op 7 September, het sy pampoene se eerste spruite op 24 September verskyn. Ondanks ‘n koue front wat sy plante beskadig het, sterk wind wat die blare geskeur het, en sy voëls wat die blare as kos beskou het, het Petrus volhard. “Ek doen dit vir die opwinding om te sien hoe die pampoen groei – van iets klein, na iets wat jy met ‘n vurkhyser moet hanteer. Dit gaan nie oor wen of verloor nie, maar oor toewyding, inligtingsdeling, en die gemeenskap.”

Foto’s: Petrus se pampoene in beginstadium tot nou. 

Volgens Henri Combrink, organiseerder van die fees, heers daar groot opgewondenheid oor die 2025-kompetisie. “Die top 10 grootste pampoene sal pryse wen, en daar is ‘n spesiale junior kategorie vir kinders onder 16. Buiten die swaargewigte is daar ook pryse vir die mooiste en lelikste pampoen – so bring jou reus, of selfs ‘n vreemde een!” Hierdie jaar is daar selfs ‘n nuwe kategorie waar ander groentes soos reusetamaties en bieliekomkommers ook pryse kan inpalm.
Vir diegene wat eerder hul kulinêre vaardighede wil wys, is daar ‘n pampoengereg-kompetisie met pryse vir die lekkerste pampoenpastei, pampoenpoffers of enige ander kreatiewe dis. Feesgangers kan ook hul dag opkikker met ‘n verskeidenheid stalletjies vol eet- en drinkgoed.
Die top vyf wenresepte, sal in die Farmer’s Feast Print (Recipe Magazine) verskyn.

Stalletjie-aansoeke is steeds oop.

Maak seker jy mis nie hierdie unieke en opwindende fees nie! Vir inskrywings en navrae, kontak Henri Combrink by 082 552 9428 of stuur ‘n e-pos na culliboer@gmail.com.

Farmer’s Weekly is die Goliat van Gat Pampoenfees se hoof mediaborg vir 2025.

Kategorie:

Deel dit:

Goliat van Gat Pampoenfees 2025: Wie kweek die swaarste reus?

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.