Hoe berei ek my gesin voor vir ’n plaasaanval?

Die voorkoming van plaasaanvalle behoort nie net vir boere ‘n prioriteit te wees nie. Boere voorsien kos aan elke inwoner van die land en daarom is die veiligheid van boere van kardinale belang.

Elke persoon wat op ‘n plaas bly, moet veiligheidsbewus wees. Dit is nie net boere wat aangeval word nie, maar ook gesinne, werkers en selfs kuiergaste.

Die eerste stap om ‘n plaas te beveilig is om jou gedagtegang heeltemal te rig op veiligheid, jy moet ‘n ‘security mindset’ inneem. Plaasbewoners moet absoluut sekuriteitsbewus wees om enigsins ‘n kans te staan tydens ‘n aanval. Hierdie tipe bewustheid gebeur nie oornag nie en moet oor en oor ingeskerp word. Lees gerus hierdie artikel oor hoe gewoontes gevorm word.

Dit is belangrik om daagliks met jou gesin en werkers te praat oor sekuriteitsaangeleenthede in en rondom die plaas sodat dit vir almal ‘n gewoonte word. Die volgende is voorbeelde van waaraan daar aandag geskenk kan word:

  • Hou die veiligheidshekke toe en gesluit;
  • Wees altyd bewus waar jou honde is en let op na hulle gedrag;
  • Wees op die uitkyk vir vreemdelinge;
  • Dra jou wapen aan jou, maar moet geen wapens openlik in die huis vertoon nie;
  • Moenie kontant in die huis aanhou nie.

Dit is belangrik dat jy eers in die regte stemming is voordat jy enige groot sekuriteitmaatstawwe implementeer. Wat sal dit help om die wêreld se beste alarmstelsel te installeer, as niemand dit aktiveer nie? Of om kameras reg rondom jou huis te installeer, maar niemand hou dit dop nie? Kom dus in die gewoonte om veiligheidsbewus te wees, dit kan dalk jou lewe red.

Hier is die belangrikste aspekte om jou werf te beveilig:

Evalueer jou huis

Loop in en rondom jou huis en werf en identifiseer die swakpunte in jou sekuriteit. Kyk waar dit die maklikste sal wees om in te breek. Elke huishouding gaan verskil. Sommige mense het waardevolle items in hul huis, maak seker dat hierdie items op ’n veilige plek bewaar word. Ander bedryf dalk ’n besigheid vanaf hul huis, maak seker dat alle kontant veilig gebêre word. Indien dit nodig is, vra ’n professionele sekuriteitspersoon om jou by te staan in die evaluasie. Sodra jou swakpunte geïdentifiseer is, kan jy stelselmatig begin om dit te verbeter.

Veilige sone

Dit is belangrik om ’n veilige sone in jou huis te identifiseer. Dit is ‘n vertrek in die huis wat die volgende bevat:

  • ’n Veilige ingang met verkieslik ’n sekuriteitshek wat gesluit kan word;
  • Water en kos;
  • Noodhulpkissie;
  • Kommunikasiemiddels;
  • ’n Wapen

Die hele gesin sal na hierdie vertrek beweeg in die geval van ‘n aanval. Maak seker die kamer bly permanent ingerig vir ’n noodsituasie. Daar moet ten alle tye ’n selfoon of radio in die kamer wees, sodat jy kan kommunikeer.

Wapens

Bewapen jouself! Boere is afgeleë en moet besef dat bystand gewoonlik nie vinnig gaan opdaag nie. Jy moet jouself en jou gesin kan verdedig. Maak seker dat jou gesin bewus is van al die wapens in die huis. Lei ook die lede van jou gesin op om ’n wapen te hanteer. Maak seker die wapens is bekombaar en werkbaar. Daar is verskeie maniere hoe om jouself te verdedig, bestudeer alle moontlike opsies. Daar is ook verskillende wapens en nie alle wapens het ’n lisensie nodig nie. Kyk gerus na ‘n pepersproei en gasgewere.

Verantwoordelikhede

Elke lid van die gesin moet presies weet wat op ‘n daaglikse basis en in ‘n tyd van nood van hom of haar verwag word. Byvoorbeeld:

  • Wie sluit die deure?
  • Wie dra die kinders na ’n veilige area?
  • Wie gaan kry die wapens en watter wapens?

Hierdie verantwoordelikhede moet vooraf gereël word en ook geoefen word. Elke lid van die gesin, kinders ingesluit, moet presies weet wat om te doen en waarheen om te gaan. Dit help om die paniek te voorkom en verhoed irrasionele gedrag.

Dit is ook belangrik om vooraf te beplan wie mekaar se verantwoordelikhede moet oorneem indien iemand nie beskikbaar is nie. ’n Noodsituasie kan gebeur en nie almal van die gesin gaan noodwendig tuis wees nie.

Oefen

Oefening is soos die gom wat die hele plan bymekaarhou. Deur die plan te oefen word die panieksituasie minder van ‘n uitdaging. Wanneer adrenalien inskop, gaan jou lyf outomaties die take uitvoer soos jy dit geoefen het. In die begin moet ’n noodsituasie weekliks geoefen word. Elke persoon moet presies weet wat sy of haar take is en wat gedoen moet word.

Opsomming

Indien jy op ’n plaas woon en nog nie ten volle sekuriteitsbewus is nie, moet jy die ingesteldheid ontwikkel. Dit neem tyd en moeite, maar daarsonder sal jy en jou gesin in doodsgevaar wees. As jy jouself en jou gesin voorberei, verminder dit die gevaar nie, maar dit berei jou voor om die situasie beter aan te pak, wat jou dan ‘n groter kans gee om dit te oorkom of te voorkom.

Hou gerus die TLU se blad dop vir ’n opvolg artikel oor die beskikbare tegnologie en metodes om jou huis en werf te beveilig.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.