James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Jongboer-finalis: ‘As jy net 10 beeste het, moet dit die beste 10 wees,’ sê Thian Heyns

Na TLU SA se paneel die paaie plat gery het om elkeen van ons Jongboer van die Jaar-deelnemers op hulle plase te besoek, is die drie finaliste uiteindelik bekend. 

Thian Heyns, ’n trotse vierde generasie boer van Bellevue in Clocolan, Oos-Vrystaat, het van kleins af ’n passie vir die plaaslewe. Met ’n diep wortel in sy familiegeskiedenis, sien hy dit as sy roeping om die nalatenskap voort te sit en die plaas te bewaar en verbeter vir toekomstige geslagte.

Sy boerdery is ’n gebalanseerde onderneming wat hoofsaaklik bestaan uit kommersiële en stoet Sussex-beeste sowel as die verbouing van mielies, soja, sonneblom en koring. Volgens Thian is die sukses van sy boerdery te danke aan sy strategiese diversifikasie wat ’n gesonde balans tussen vee en saaiery verseker.

Hy bestuur die plaas op eie houtjie en is verantwoordelik vir elke aspek van die boerdery, van beplanning tot uitvoer. Die intensiewe sorg wat die vee nodig het, kombineer hy met ’n seisoenale benadering tot die saaiery om die produktiwiteit en doeltreffendheid te maksimeer.

Die pad was nie altyd glad nie, vertel hy. “Ek het al heelwat uitdagings gehad vandat ek boer, maar probeer elke uitdaging sien as ‘n nuwe geleentheid. My grootste uitdaging was dat ek die boerdery met baie min toerusting moes ophou. Ek het in 2019 my eerste paar beeste gekoop, en van daar af het die boerdery met tyd gegroei. Ek het eers gefokus daarop om die beeskudde groot genoeg te kry om van daar af weer in staat te kon wees om beter toerusting en trekkers te koop, sodat ek die saaiery op die been kon bring.” 

Thian se benadering tot boerdery is gekenmerk deur ’n fokus op kwaliteit bo kwantiteit. “As jy net tien beeste het, moet dit die beste tien wees,” vertel hy. Met ’n beperkte aantal diere moes hy streng seleksie toepas om slegs die beste beeste in sy kudde te hê. Hierdie geduldige en gestruktureerde werksetiek maak sy boerdery uniek en effektief.

Hoewel hy konserwatief in sy metodes is en voortbou op wat vir hom werk, staan hy oop vir tegnologiese innovasie wat sy boerdery kan verbeter. Hy maak gebruik van beskikbare tegnologie om produktiwiteit te verhoog.

As ’n jong boer met ’n sterk familie-erfenis voel Thian ’n groot verantwoordelikheid om ’n positiewe voorbeeld te stel. “Alhoewel ek die vierde generasie op Bellevue is, het nie almal voor my aktief geboer nie. My pa het die grond verhuur, en ek het die boerdery van voor af begin. Ek wil baie graag my beesboerdery en stoetery nog uitbrei en verbeter, veral in genetika en die teling van goeie, korrekte diere. Daar is altyd plek vir verbetering en mens moet nie stagneer nie. Ek streef daarna om die boerdery goed te balanseer met al die fasette en sodoende effektief, produktief en ook ekonomies volhoubaar te boer. Ek wil iets nalaat waarop daar verder gebou kan word, ’n boerdery vir die toekoms en nie net vir vandag nie.”

Om ’n finalis in die TLU Jongboerkompetisie te wees, beskou hy as ’n eer en ’n kans om ander jongmense te inspireer om hul drome na te jaag, selfs al begin hulle klein.

“Ek glo dat die landbou in Suid-Afrika vol geleenthede is. Ons het fantasiese boere en ongelooflik baie kennis van landbou in ons land. Ons het jongboere nodig om die landbou se toekoms te wees. Daar is geleenthede, maar ons moet ook geleenthede skep om die toekoms van landbou en veral boerderye te verseker. 

Thian se reis illustreer die waarde van deursettingsvermoë, familie-erfenis en ’n slim benadering tot boerdery, ’n kombinasie wat hom in staat stel om ’n lewensvatbare en volhoubare plaas te bou vir die toekoms.

Kategorie:

Deel dit:

Jongboer-finalis: ‘As jy net 10 beeste het, moet dit die beste 10 wees,’ sê Thian Heyns

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.