Ons wil die Jongboer komitee graag gelukwens met hulle onlangse konferensie. Dit was ‘n puik geleentheid sprekers van hoogstaande gehalte.
Die Jongboer komitee het die afgelope jaar baie dinamies na vore getree. Hulle het hulle eie handelsmerk as deel van TLU SA gevestig en daar is reeds ‘n verskeidenheid klere en kepsies onder hulle vaandel beskikbaar by TLU SA se hoofkantoor. Die jong boere is ook besig om ‘n digitale winkel te implementeer, sodat ondersteuners regoor die land ook hierdie produkte kan koop.
Ons wens die nuutverkose Dagbestuur alle sterkte vir die volgende jaar toe:
Henna du Plessis – Voorsitter
Dewald de Beer – Ondervoorsitter
Luani du Preez – Sekretaresse
Neels Uys en Floris Booysen – addisionele lede.
‘n Jong boer uit elke streek vorm saam met die Dagbestuur, die Jongboer Bestuur.
Tydens die Jongboerkonferensie het onderskeie instansies finansieel bygedra tot die sukses van die geleentheid. ‘n Kort video van elkeen van hierdie borge word binnekort op sosiale media versprei en lede kan dit van daar verder versprei.