Bioskets: Juanita Vorster

As ‘n “ou millennial” het Juanita Vorster die wêreld van werk ervaar, hoe dit voorheen was, sowel as waarheen dit reeds verskuif het.
Sy put inspirasie uit diegene wat die gewone onthou, sowel as diegene wat die ongewone skep.

Juanita is ‘n suksesvolle besigheidseienaar en is gekwalifiseer as ‘n Gesertifiseerde Direkteur (SA), Gesertifiseerde Etiek beampte en Geoktrooieerde Openbare Betrekkinge Praktisyn.

Dit plaas Juanita in die unieke posisie om praktiese leiding te gee oor hoe om voor die kurwe te bly, selfs in hoogs gereguleerde omgewings.

Juanita glo dat enige persoon hul unieke uitdagings in opwindende geleenthede kan verander, en sy inspireer gereeld gehore om verandering te omhels, ontwrigting te verwelkom en innoverend te wees.

Laai Juanita se bioskets hier af