Bioskets: Ulrich Joubert

Ulrich Joubert is oorspronklik van Ladismith in die Kaap.

Sy loopbaan neem hom deur die staatsdiens, sommige staatskorporasies en die banksektor. Hy was die Groepekonoom van Transnet vanaf Oktober 1989 tot Maart 2006. Hy sluit in April 2006 by Kruger Internasionaal as ekonoom aan tot Mei 2012. Sedert April 2009 is hy ook betrokke by die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hy dien op die direksie van die Noordelike Helpmekaar Studiefonds en is op die beoordelaarspaneel van die Sanlam Finansiële Joernalis van die Jaar kompetisie.

Hy is ’n voormalige voorsitter van die Johannesburg Afrikaanse Sakekamer asook die ekonomiese komitee van die Afrikaanse Handels Instituut.

Hy is ’n gereëlde kommentator oor die radio en TV en skryf artikels op ’n gereëlde basis vir die Beeld koerant.

Hy het die Beeld Ekonoom van die Jaar kompetisie vier keer gewen.

Laai sy bioskets hier af