Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Landelike veiligheid se uitdagings Woensdag | 02 Maart | 2022

Die huidige stand van sake in Suid-Afrika beteken dat boere tot ’n groot mate vir hul eie veiligheid verantwoordelik is.

TLU SA het dit ten doel om boere veilig op hul plase te hou en daarom is dit vir ons belangrik om te help soos en waar ons kan. Misdaadsyfers wys daar is gemiddeld elke week ’n plaasmoord en elke dag ’n plaasaanval.

Plaasveiligheid is in die mikro-omgewing van die landbouer op sy plaas. Die Landelike Veiligheidstrategie, wat na verwagting in die komende maande hersien en aangepas gaan word, is een van die vernaamste wapens wat daar is…ongelukkig is dit tans nog ’n wapen wat nie gelaai is nie.

Die Landelike Veiligheidstrategie is ’n baie goeie plan…’n Pragtige plan wat egter op die rak sit en stof vergader het geen waarde nie. As daar nie die wil of middele – personeel, logistieke steun, kommunikasie en misdaadintelligensie – is nie, is dit nie eens die papier waarop dit geskryf is werd nie.

TLU SA wil boere bemagtig.

Vir ’n effektiewe veiligheidsplan is die benadering wat gevolg moet word een waar die boer primêr verantwoordelik vir sy eie veiligheid is.

 

OPLEIDING

Selfverdediging. Elke persoon in die gemeenskap moet opgelei word om  hom- of haarself te verdedig in realistiese omstandighede.

Effektiewe en veilige wapen gebruik. Hoewel ’n groot meerderheid van die gemeenskap wel wapenbehendig is, beslaan wapenbehendigheid ’n baie klein deel van ‘n werklike vuurgeveg. Die gemeenskap moet effektief en toepaslik opgelei word.

 

VROEË WAARSKUWING

Slegs deur die beginsel van vroeë waarskuwing, kan pro-aktiewe optrede geïmplementeer word om lewens en eiendom te beskerm.

Die volgende fasette is belangrik:

  • ’n Effektiewe inligtingsnetwerk.
  • Die fisiese sekuriteit van die perseel of opstal moet aangepas word volgens die beplanningsproses van die krimineel. Dis die eerste linie van effektiewe selfverdediging.
  • Fisiese maatreëls sluit in goeie sleutel beleid/beheer, doeltreffende veiligheidshekke, alarms en kameras. Die bogenoemde moet vanuit ’n   krimineel se oogpunt geïnstalleer word om enigsins van waarde te wees.

 

MODUS OPERANDI VAN AANVALLERS

  • Verkenning word gedoen voor ’n aanval, solank as ’n maand voor die tyd.
  • Arbeiders word wetende of onwetende betrek en soms selfs gedwing.
  • Soms word aanvalle vooraf gegaan deur kleiner insidente soos peuter met voertuie of vergiftiging van honde.
  • Die guerrilla-tipe aanvalle maak dit moeilik om te bepaal waar die volgende aanval gaan wees.

 

WENKE

Die betroubaarste manier om misdaad te bekamp is ’n besorgde, waaksame, oplettende en meelewende gemeenskap, met die wil om mekaar te ondersteun.

Wanneer jy tuiskom in die donker:

  • Wees paraat en bewus van jou omgewing.
  • Let op na die honde se gedrag.
  • Indien enige iets verdag lyk, ry weg en ontbied hulp.
  • Moenie te lank buite vertoef nie, let ook op na vreemde reuke in die huis.

Na jou dagtaak:

  • Sluit veiligheidshekke.
  • Wees paraat.
  • Moenie uitgaan indien honde blaf of geluide buite gehoor word nie.
  • Buite spreiligte wat met beweging aangaan, moet ook as vroeë        waarskuwing dien.
  • Alarms moet geaktiveer word met slaaptyd. Laat ’n lig ook brand met ’n tydskakelaar, nadat u reeds gaan slaap het. Wissel die lig gereeld na verskillende vertrekke.

In die oggend:

  • Wanneer u die huis verlaat, kyk na die honde se gedrag.
  • Wees paraat.
  • Indien vreemde persone naby die werf opgemerk word, beweeg agter dekking in. Moenie toelaat dat hulle te naby aan u kom nie. Kontak u buurman dadelik.

 

PROFIEL VAN ‘n PLAASAANVALLER

Grusame en brutale aanvalle het ’n traumatiese uitwerking op gesinne en families van slagoffers asook die nabye gemeenskap. Geen boer is te oud of te jonk, te ryk of te arm om ’n plaasaanval vry te spring nie.

PROFIEL

  • Die profiel van ʼn tipiese plaasaanvaller is dat hulle tussen 17 en 35 jaar oud is en in die meeste gevalle werkloos, alhoewel in baie gevalle deel van ’n misdaadsindikaat is.
  • Hierdie tipe misdadiger tree gewoonlik in ’n groep wat tussen 3 tot 12 of selfs meer persone kan bestaan.
  • Van die plaasaanvallers het militêre agtergrond en voer hul taak met presisie uit.
  • Eerste kontak word met die boer gemaak met die voorwendsel dat die misdadiger werk soek of iets (gewoonlik vee) wil koop.
  • Deel van die verkenningsproses is dat die veiligheid op die plaas getoets word deur dalk te meng met die plaaslike werkers of personeel.
  • Die boerderygemeenskap is taamlik weerloos teen hierdie goed beplande aanvalle, waar die teikens dalk weke lank dopgehou word deur enkele verkenners.
  • Let op die kleredrag van verdagte persone en kyk na jasse waarin wapens versteek kan word.
Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

sluit aan

Sluit aan
POPI