Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier

Verskeie groepe in die land is onrustig oor die voorgestelde vuurwapenwetsontwerp wat neerkom op onteiening van vuurwapens. Gevolglik het lede van die Ad Hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsreg die noodsaak besef vir ʼn uitgebreide byeenkoms om die saak te bespreek.

TLU SA is ‘n lid van die Ad Hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsreg en die byeenkoms sal op 23 Junie 2021 by TLU SA se hoofkantoor in Silverton, Pretoria en deur Zoom aangebied word.

Die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet is op 19 Mei 2021 vir kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer en bepaal dat selfverdediging glad nie meer aangevoer kan word as ‘n rede waarom jy ’n vuurwapen wil besit nie.

“Die saak is nie net vir die landbougemeenskap van uiterste belang nie, maar ook vir die veiligheid van elke Suid-Afrikaner,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Ons doen ‘n beroep op mense om hulleself te vergewis van wat die wetsontwerp behels en wat die gevolge kan wees indien dit deurgevoer word.”

 

Konsep Program

Inleiding: Vuurwapens/Onteiening

  • Politieke Omgewingsperspektief
  • Konteks via wetgewings
  • Regs en grondwetlike perspektiewe (Regskenners)

Vuurwapengesprek

Burgerlike en gemeenskapsperspektief

  • Organisasies
  • Jagtersverenigings

Perspektief van politieke partye

Strategiese gesprek

  • Terugvoer oor bestaande aksies
  • Oorkoepelende en individuele perspektiewe

 

Enige insette of kommentaar kan aan janbosman@abond.co.za gestuur word.

 

Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg is ʼn informele groepering van organisasies, georganiseerde landbou en landbouverteenwoordigers, burgerlike en burgerregte instellings, opposisiepartye en akademici sowel as geloofsinstellings. Die groep vergader gereeld om enige beleidsraamwerke wat eiendomsreg mag skaad of ondermyn, te bespreek en onderlinge standpunte, aksies en inisiatiewe te oorweeg.

 

Die media word genooi om die geleentheid by te woon:

Datum:           Woensdag, 23 Junie 2021

Tyd:                9:00 tot 16:00

Plek:               TLU SA Hoofkantoor, Silverton, Pretoria (beperkte spasie, onderhewig aan Covid-19 protokol)

Bevestig bywoning:

Fisiese bywoning: https://forms.gle/8SZ7kMEbbmgcvNrM7

Zoom: https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_iADjw4eWS9GUa_hYJnfiBQ

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       18 Junie 2021

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Sluit aan
POPI

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons