Mediaverklaring: Insetverskaffers werk saam met TLU SA aan risikoverspreiding-oplossings

TLU SA het vandeesweek die voorstelle van uiteenlopende rolspelers in die waardeketting gehoor oor hoe om die risiko vir landbouers te versprei.

Verskeie van die rolspelers het ingestem om saam met TLU SA se Ekonomiese Volhoubaarheidskomitee te werk om die voorstelle wat gemaak is, verder te ontwikkel en met werkbare oplossings vorendag te kom en sal reeds op 29 Julie vergader om die insette te verwerk.

TLU SA het sedert verlede Oktober met verskeie rolspelers begin gedagtes uitruil oor die moontlikheid om die risiko in landbou op ‘n nuwe manier te beskou. Verskeie gedagtes is reeds ontsluit en die doel van die beraad was om dit verder te ontgin.

Gaste was dit eens dat die hele landbou-produksieketting met uiterste dringendheid na mekaar moet begin omsien, omdat dit duidelik is dat die regering hierdie verantwoordelikheid nie gaan aanvaar nie, terwyl kommersiële boere die afgelope aantal jare as gevolg van omstandighede buite hulle beheer reeds onder geweldige finansiële druk verkeer.

Melding is gemaak van die katoenbedryf wat reeds begin het om mekaar se hande te versterk, maar uiteraard sal elke kommoditeit waarmee geboer word hul eie uniekheid vir die hantering van die risiko ervaar.

Bennie van Zyl, die Hoofbestuurder van TLU SA, het voorstelle gemaak oor die sindikasie van boerderye waar verskeie boerderye saamwerk om ‘n megaboerdery te vorm.

“Die voordeel van sindikasie is onder meer dat daar ‘n kostebesparing op arbeid en meganisasie is wanneer boere dit saam gebruik,” sê hy. “’n Megaboerdery het dan ook meer bedingingsmag as ‘n geheel wanneer dit by aankope kom en meer wringkrag na markte.

“Die bestuurskundigheid wat sindikasie meebring kan net tot die voordeel van die individuele boere strek, mits elkeen die proses heeltemal steun en nie soos ‘n hoender op sy eie mishoop wil staan en kraai nie.

“Verhoogde veiligheid en ‘n oplewing van die gemeenskapslewe is van die ander voordele wat sindikasie kan meebring,” verduidelik hy.

Die enigste element wat as ‘n nadeel gesien kan word is as boere die proses met die verkeerde ingesteldheid benader en probeer om hom/haarself as ‘n megaboer in stede van deel van ‘n megaboerdery te vestig.

Van Zyl het verder verwys na risikoverspreiding oor die hele spektrum van die landbou-waardeketting as ‘n moontlike oplossing vir landbou in geheel.

“Is dit billik dat net die boer die finansiële risiko dra wanneer oeste vir ‘n jaar of drie nie realiseer nie, om redes wat strek van lae of geen reënval tot ander onvoorsiene natuurrampe?” wil Van Zyl weet. “As die boerderye die een na die ander begin vou, kan dit tog nie tot die voordeel van die verskaffers van insetmiddele – saad, kunsmis, diesel en chemiese middels – wees nie en nog minder tot die voordeel van die verbruiker.”

Hy stel voor dat insetkoste deur die insetmaatskappye gesubsidieer word en ‘n gesamentlike gefinansierde versekering daargestel word om die boer te verskans teen misoeste. Hy het ook die moontlikheid genoem dat verbruikers deel word van die finansiering van die produksieproses.

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       18 Julie 2019

Navrae:                      Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                      Sel.: 082 466 4470

 

                                     Mnr Gawie van Rensburg, TLU SA – Voorsitter: Ekonomiese
Volhoubaarheidkomitee,

                                    Sel.: 082 806 4825

 

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.