Mediavrystelling: TLU SA ondersteun Pres. Cyril Ramaphosa se oproep om Suid-Afrikaans te koop

TLU SA meen Pres. Cyril Ramaphosa se oproep – tydens sy tweede Staatsrede – Suid-Afrikaans te koop, kon nie op ‘n beter tyd kom nie.

“Ons is werklik opgewonde oor die gedagte dat die Suid-Afrikaanse publiek eg Suid-Afrikaanse produkte moet ondersteun,” sê Mnr. Louis Meintjes, die President van TLU SA. “Veral ons Suid-Afrikaanse landbouprodukte behoort ondersteun te word en verbruikers moet probeer om stortingsprodukte van ander lande te vermy.

“As ons Suid-Afrikaanse landbouprodukte kan koop, sal dit outomaties werkskepping bevorder terwyl die kommersiële boere daardeur ‘n kans op oorlewing het ten spyte van die veral klimatologiese uitdagings, waarmee hulle te doen het,” sê Meintjes.

TLU SA het, net soos Pres. Ramaphosa, ‘n droom vir Suid-Afrika, en dit is dat die land kan ontwikkel in ‘n ekonomiese reus, geskoei op vryemark-beginsels en vry van historiese en ideologiese vooroordele.

“Ekonomie en vooruitgang is ‘n toekomsvisie. Helaas is Pres. Ramaphosa se aanvanklike verwysing na die 1913-wetgewing, meer as ‘n eeu gelede, ‘n kyk na die verlede in plaas van ‘n toekomsvisie. Dit kan bots met ‘n toekomsvisie. As alle burgers gelyk gerespekteer moet word, geld dit ook vir die Afrikaners.

“Ons glo ook dat Pres. Ramaphosa nie realisties was in sy visie van twee miljoen werksgeleenthede vir jongmense oor die volgende dekade nie. Sy voorganger se een miljoen het nie eens gerealiseer nie. Om dit te bereik, sal hy moet afsien van rasgebaseerde ekonomiese bemagtiging, en onvriendelike arbeidswetgewing moet aanpas.

“Pres. Ramaphosa se Staatsrede het, alhoewel daar nie veel nuuts in was nie, tog van ‘n mate van meer entoesiasme getuig as sy voorganger, maar woorde sal dade moet word, en tot dusver het ANC-regerings meer woorde as dade gebaar, en hierdie regering sal moet wys dat hy daarvan kan afwyk,” sê Meintjes. “Ons is bereid om hom die voordeel van die twyfel te gee, maar ons het steeds baie twyfel in ons gemoed. Opmerklik is dat Pres. Ramaphosa weereens die geleentheid verpas het om daadwerklike steun aan die landbouers te gee en om plaasmoorde te veroordeel.

“Ons kan sy visie vir ‘n hoë-tegnologie ekonomie ondersteun, maar dan sal hy hom onvoorwaardelik van enige vorm van sosialisme moet distansieer. Daarvoor wag ons nog steeds,” sê mnr. Meintjes.

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       20 Junie 2019

Navrae:                       Mnr Louis Meintjes, President TLU SA,

                                    Sel.: 082 461 7262

 

                                    Mnr Henk van de Graaf, Voorsitter TLU SA Eiendomsregkomitee,

                                    Sel.: 076 563 3800

 

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.