Nico Schamrel, ’n skrywer, klein uitgewer en deel van ‘n radioprogram wat op verskeie radiostasies uitgesaai word, het in 2019 ’n inisiatief begin waarmee hy fondse vir slagoffers van plaasaanvalle insamel wou insamel.
Die projek het bestaan uit die insameling van gebede, verhale en gedigte deur meer as 60 van Suid-Afrika se bekendes, asook Jan Alleman. Hy het hierdie versameling gepubliseer in ’n boek, getiteld – My Gebed vir ’n Boer. Die fondse uit verkope van hierdie boek is geskenk aan ’n organisasie wat dit aangewend het of slagoffers te help
Die boek was gedruk op aanvraag.
In 2022 het hy weer dieselfde inisiatief aangepak. Weer het hy ambassadeurs – soos Anneline-Kriel Bacon en Stanley Cierenberg (digter) – aangestel om die inisiatief aan te wakker. My Gebed vir ’n Boer (Twee) word tans aan gewerk deur verhale, stories, gebede, gedigte en prosawerk in te vorder en dit verloop goed met goeie ondersteuning.
Nico wil graag al die fondse wat met die verkoop van die boek verkry word, aan TU SA skenk.
TLU SA sal graag wil bydrae tot die inhou van die boek so as daar een van lede of vriende is wat hul skrywes wil deel, stuur dit aan sekretaresse@tlu.co.za



