James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Ope brief aan mnr. Ramaphosa – President van Suid-Afrika

In u weeklikse nuusbrief stel u dat Suid-Afrikaners die narratief moet uitdaag dat mense van ’n sekere ras en kultuur vir vervolging geteiken word. U stel ook dat alle burgers gelyke regte en vryhede geniet, wat die staat verplig is om te handhaaf, te beskerm en te bevorder. ’n Baie goeie vertrekpunt sou wees om eers voor u eie deur te vee en vir die inwoners van Suid-Afrika, maar ook vir die wêreld, te wys dat u die voorbeeld stel in hierdie verband.

Indien u ernstig is oor die stellings in u nuusbrief, sou die minste wat u kon doen wees om Julius Malema ten minste te repudieer en hom tot verantwoording te roep vir sy optrede toe hy op Menseregtedag weer die gewraakte lied “Kill the Boer, Kill the Farmer” voor ’n skare mense gesing het. Dit is opsweping in die ergste graad en kan op geen wyse deur enige rasioneel denkende persoon as ’n poging tot samehorigheid en gelyke erkenning van ’n ander ras- en kultuurgroep beskou word nie.

Solank hy en ander voortgaan om hierdie lied te sing — terwyl hy en die ANC destyds, ná ’n uitspraak in die Gelykheidshof, in ’n skikking onderneem het om hul volgelinge te ontmoedig om die lied te sing en dit ’n hofbevel geword het — sou dit inderdaad neerkom op minagting van die hof.

Hier is ’n gulde geleentheid vir u as staatshoof om Julius Malema in die openbaar tot orde te roep en sodoende te wys dat u wel toepas wat u verkondig.

Buiten die erg verdelende haatspraak wat Julius Malema uiter, het u regering oor die jare volgehou met die instelling van verskeie rasgebaseerde wette wat in verskeie sfere teen blankes diskrimineer. Deur hiermee vol te hou, klap u inderdaad u eie mense in die gesig, aangesien u deur sodanige wetgewing impliseer dat hulle minderwaardig is en nie op hul eie meriete kan slaag nie.

Wys vir Suid-Afrika dat u opreg was in u nuusbrief se stellings en skrap alle rasgebaseerde wette en laat ekonomiese kragte onbelemmerd funksioneer sodat ons ekonomiese groei kan bewerkstellig. Diegene wat bereid is om verantwoordelikheid te aanvaar en by die ekonomie betrokke te raak, sal die geleenthede benut en die nodige opbrengs vir hul insette ontvang.

Dit is nou tyd om Suid-Afrika en sy mense eerste te stel en die ideologie wat wêreldwyd nog net grootskaalse hartseer en armoede veroorsaak het, finaal agterweë te laat.

Fotokrediet: President Cyril Ramaphosa, Jay J, Facebook

Kategorie:

Deel dit:

Ope brief aan mnr. Ramaphosa – President van Suid-Afrika

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.