James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Plaas reisverbod op Ramaphosa oor onteiening sonder vergoeding, pleit TLU SA by EU-afvaardiging

Die Europese Unie behoort ‘n reisverbod op President Cyril Ramaphosa en sy kollegas te plaas, en ook enige van hulle bates in Europa te bevries.

 

Dit is een van die versoeke wat TLU SA aan ‘n afvaardiging van die ID-groep (Identiteit en Demokrasie) in die Europese parlement gerig het. TLU SA se president, Henry Geldenhuys, en Henk van de Graaf, TLU SA se Noordstreek voorsitter, het die afvaardiging van Europese parlementslede in Kaapstad ontmoet.

 

“Die uiteindelike effek van onteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika is presies dieselfde as Robert Mugabe se destydse grondgryp van wit boere se grond in Zimbabwe,” sê Van de Graaf. “Daarom behoort die Europese Unie dieselfde maatreëls teen President Ramaphosa en van sy kollegas in te stel, as wat gedoen is met Mugabe.”

 

Geldenhuys het tydens die aanbieding ‘n breedvoerige oorsig oor die landelike veiligheidsituasie in die land, en veral die gebreke daarin, gegee. Die plaasmoord en -aanval statistieke is in diepte bespreek, sowel as die probleme met veediefstal, en die parlementslede het met skok reageer toe beelde van hierdie wandade vertoon is.

 

Van de Graaf het ander probleme waarmee die landbou te kampe het uitgelig. Daarvan was die kwessie van eiendomsreg, die mislukking van die regering se sogenaamde grondhervormings, en die gevaar van onteiening sonder vergoeding, die belangrikste besprekingspunte.

 

“Dit is veral die kwessie van eiendomsreg wat ons genoop het om te versoek dat die EU druk op die Suid-Afrikaanse regering uitoefen om die vryemark beleid te aanvaar en in stand te hou en sodoende te keer dat ‘n Zimbabwe-uiteinde die Suid-Afrikaanse boere te beurt sal val,” sê Van de Graaf.

 

TLU SA het die parlementslede ook gevra vir ondersteuning om internasionale befondsing vir die Suid-Afrikaanse boere se behoeftes, en internasionale vennote vir die oprigting van verskeie gesamentlike ondernemings te vind.

 

Van de Graaf het die afvaardiging verder gemaan dat enige befondsing nie via die regering moet plaasvind nie omdat dit nie die bestemming sal bereik nie.

Kategorie:

Deel dit:

Plaas reisverbod op Ramaphosa oor onteiening sonder vergoeding, pleit TLU SA by EU-afvaardiging

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.