Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Presidentslidmaatskap Sondag | 26 Januarie | 2020

Die Uitvoerende Komitee het ‘n spesiale lidmaatskap goedgekeur vir nuwe lede in die gebiede wat  gebuk gaan onder die versengende droogte. Dit is net vir nuwe lede geoormerk.

Sodanige persone sal met die goedkeuring van die Streeksvoorsitter  gratis kan aansluit en die lidmaatskap sal jaarliks hersien word.

Kom ons benut die geleentheid om persone wat nie meer in staat is om ledegeld te betaal nie, ook betrokke te kry sodat hulle nie buite die georganiseerde landbou in ‘n woestyn gelaat word nie.

Die beste uitweg is egter steeds vir affiliasies om vir sodanige gevalle in te staan vir ledegeld.