Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
SA ly verliese aan intellektuele kapitaal Woensdag | 13 Julie | 2022

Suid-Afrika ly nie net verliese aan geldelike kapitaal nie, maar die Verenigde Nasies se Migrasie data wys intellektuele kapitaal is ook vinnig besig om die land te verlaat.

Suid-Afrika se verliese aan intellektuele kapitaal – geskoolde werkers – na lande soos Brittanje, Australië, Amerika, Nieu-Seeland en Kanada word toegeskryf aan onsekerheid oor werk (daarmee saam kinders se toekoms) en die geweldige hoë syfer van misdaad in Suid-Afrika.

Staatsinstellings ly veral hieronder.

“Hoe lank moet Suid-Afrikaners nog ly en die duur prys betaal vir ’n onseker beleidsomgewing van die ANC-regering. Sy beleid van kaderontplooiing by instellings soos Eskom, die spoorweë, Denel, gesondheidsdienste, veiligheidsdienste ens. het duidelik Suid-Afrikaners gefaal,” het mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder gesê.

Die migrasie data is nie beperk tot net een ras nie en die syfers maak nie gemaklike leeswerk nie. In ’n artikel van BusinessTech word daar ook na data van Statistiek Australië en Statistiek Nieu-Seeland verwys om die haglike én gevaarlike prentjie vir Suid-Afrika te teken.

Geskoolde werkers is besig om die land in rekord getalle te verlaat – en dit nog voor Eskom se verdere verval en die gevaarlike tweespalt in die land se regerende party waar die fokus meer op die party is as om die land te regeer.

Daar is reeds vanjaar meer as 11 000 permitte vir Nieu-Seeland goedgekeur met byna 28 000 aansoek wat nog verwerk moet word. Meer as 200 000 Suid-Afrikaners bly reeds in Australië.

“Dié syfers is besig om in rasse skrede toe te neem, glo ek. Met die huidige omstandighede en realiteit van die daaglikse bestaan vir alle Suid-Afrikaners gaan dit ook nie sommer verander nie. Daadwerklike optrede – en optrede wat resultate wys – is nodig om die situasie aan te spreek,” het mnr. Van Zyl bygevoeg.

Die intellektuele kapitaal wat die land verlaat is juis ook die werkende gekwalifiseerde inwoners wat bydra tot die regering se staatskas en hierdie finansiële verlies gaan ’n invloed hê op die toelaag afhanklike stemgeregtigdes wanneer die staat se verlies aan hierdie bydrae nie meer die werkloses kan bekostig nie.

“Byna 50% van ons land se bevolking kry toelae van die staat en minder as 10% van die inwoners betaal 40% van belasting. Sedert 2012 het die aantal gedaal volgens SARS, het Fin24 vroeër vanjaar berig,” het mev. Erika Helm, TLU SA Plaaslike Regering bygevoeg.

“Daar is hopeloos te veel druk op ’n klein deel van die bevolking om die ongelooflike hoë persentasie werkloses en mense op toelaes te onderhou. En met elke persoon – wat ’n belastingbetaler is – wat die land verlaat word die situasie erger. Dit kan nie onbepaald so aangaan nie.”

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 309

sluit aan

Sluit aan
POPI

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 309