James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Só gemaak in 2022

Die nuwe jaar lê vir elkeen en wag. Die vraag wat elkeen moet beantwoord, is wat gaan die fokus wees vir 2022.

TLU SA doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om vanjaar te fokus om oplossings te implementeer en nie energie te verspil om deurentyd mislukkings te probeer bestuur nie.   Ons land is vasgevang in die gevolge van ’n beleidsomgewing wat oor 27 jaar net destruktief was en geleenthede vir mense verskraal het en selfs vernietig het.

Van die probleme wat ’n realiteit is, sluit in:

  • Steeds stygende werkloosheid wat onvolhoubaar is;
  • Gebrek aan ekonomiese groei wat verdere probleme veroorsaak;
  • Sosiale toelaes aan 27,8 miljoen inwoners waar net ses miljoen die belastingkas moet vul, is rampspoedig;
  • Negatiewe beleidsomgewing wat die ANC skep, kan geen positiewe uitkomste lewer nie en sal armoede verhoog;
  • Sosialisme en kommunisme het wêreldwyd misluk, tog hang daardie onderrok ver uit by die regering weens sy bondgenootskap met die SAKP en Cosatu, en dit skep geen beleggersvertroue nie;
  • Misdaad wat buite beheer is met 60 moorde per dag, korrupsie wat met sagte handskoene aangepak word, grondvergrype wat aangemoedig word deur sekere opswepende politici, veediefstal, ens. maak die land in sy geheel onstabiel;
  • Infrastruktuur word afgebrand, weggedra of bloot gevandaliseer, wat funksionering van ’n mededingende ekonomie onmoontlik maak.

Suid-Afrika se inwoners verdien beter as dit wat die ANC se beleidsomgewing opdis. Rolspelers sal daadwerklik standpunt moet inneem en hul energie eerder spandeer om by die ANC verby te skep vir die toekoms as om die ANC se mislukkings deurentyd te probeer bestuur.

Gegewe al dié werklikhede is die produserende kommersiële boere steeds deurlopend besig om voldoende voedsel vir die land se inwoners te produseer. Met ongeveer 68% van ons land se inwoners reeds verstedelik moet Suid-Afrika se voedselprodusente hanteer word as seker die grootste bate wat die land kan besit. ’n Verantwoordelike regering sal geen steen onaangeraak laat nie om juis seker te maak die landbousektor gedy.

Suid-Afrika se inwoners moet besef die ANC het homself in ’n hoek toegeverf met beloftes sonder prestasie en dat hy onder baie druk is vir sy oorlewing. Ons moet dus nie verras word met die ANC se optrede in 2022 nie. Die gesegde lui nie verniet ’n benoude kat maak benoude spronge nie…

TLU SA stel voor die volgende word so gou as moontlik deurgevoer:

  • Skep eie instellings veral op die onderwys en opleidings terrein.
  • Lê telkens die gevare van die irrasionele en gevaarlike beleidsomgewing bloot.
  • Streef na maksimum winsgewendheid op plase en skep kapasiteit.
  • Plaas deurlopend druk op die regering dat hy die verantwoordelikhede wat dit verg om te regeer, korrek hanteer.
  • Kry duidelikheid oor wat bedoel die regering met sekere begrippe, soos byvoorbeeld: transformasie; verstaan almal wat word werklik daarmee bedoel?
  • Elke persoon moet toesien dat hul stem gehoor word. Raak betrokke by organisasies waarmee jy saamstem en doen mee aan kollektiewe bedinging.
  • Waak daarteen om onnadenkend net die stroom te volg. Die ANC se stroom stuur af op chaos.
  • Keuses moet rondom beginsels gemaak word en waak daarteen om pragmaties elke situasie vir die oomblik te hanteer.

TLU SA besef daar is nog talle ander sake wat ook ons aandag verg. Uiteenlopende organisasies werk op verskillende terreine. Dit is noodsaaklik dat sodanige aktiwiteite onafhanklik moet voortgaan. Verantwoordelike organisasies moet egter ernstig in ’n breë linie begin saamwerk om, elk op sy terrein, saam na spesifieke doelwitte te werk. Dit behels werksaamhede op die staatkundige vlak, sosio-maatskaplike terrein, veiligheidsterrein, ekonomiese vlak, onderwys, opleiding en dies meer.

TLU SA bevestig opnuut ons absolute afhanklikheid van God Drie-enig en weet dat God is, was en sal in die toekoms in beheer wees. Die verantwoordelikheid van die amp van die gelowige is juis in sulke tye van belang. Laat ons dus ons kultuuropdrag soos uit die Woord ontvang, volledig uitleef. Dit sal vir 2022 die nodige vastigheid gee om die regte antwoorde op die regte tyd te kry.

Kategorie:

Deel dit:

Só gemaak in 2022

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.