SON SA inisiatief – Voorsiening van alternatiewe energie oplossings in landbou – dringende opname!
TLU SA het met Kragdag 2022 met ander organisasies saamgespan om ’n inisiatief te begin om die geleentheid en nodigheid van die alternatiewe elektrisiteitverskaffing te benut.
SON SA is ’n inisiatief wat die samewerking fasiliteer en gebruik die webportaal www.sonsa.co.za om inligting in te win en gaan vorentoe relevante inligting deel en proposisies van geakkrediteerde verskaffers bekend stel.
Die volgende baie belangrike stap is om beter te verstaan wat die energiebehoefte per streek/area/sektor is om SON SA in staat te stel om relevante oplossings voor te stel, en of verskaffers ’n aanduiding van die behoefte te gee.
Ons wil ook graag verstaan wat die impak van die onbetroubare energievoorsiening reeds op jou besigheid het en wat die verwagte impak en belangrikheid daarvan is.
’n Kort vraelys is saamgestel vir die doel en sal waardeer indien u vyf minute sal neem om dit te voltooi op die volgende skakel: https://www.sonsa.co.za/tlu_sa_vraelys
Die voltooiing van die vraelys plaas geen verpligting op u nie en is net daar om die behoefte te bepaal. U het ook die geleentheid om aan te dui of SON SA verder met u kan skakel oor relevante oplossings in die verband.
Ek sal dit waardeer indien u die vraelys kan voltooi om TLU SA in staat te stel om die debat verder te neem om oplossings en beleidsekerheid oor energie-oplossings te bewerkstellig.