Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
TLU SA groet en verwelkom Maandag | 28 Februarie | 2022

Ná byna twee dekades in die diens van TLU SA en voor dit 36 jaar se diens in die Suid-Afrikaanse Weermag, het gen. maj. Chris van Zyl besluit dit is tyd om die diens aan Suid-Afrika aan die volgende geslag te oorhandig.

“Dit was ’n besonderse blootstelling wat nie vir almal beskore is nie,” het gen. maj. Van Zyl oor sy 45 jaar in diens van ons land gesê.

“Dit was aanvanklik beslis ’n groot uitdaging en aanpassing om by TLU SA te begin werk na die weermag. Ons almal werk egter vir ’n belangrike saak en dit is verseker dat al die uiteenlopende persoonlikhede mekaar vind vir die groter doel waarmee ons by TLU SA besig is. Alle inwoners van ons land moet betrokke wees en daarom is organisasies soos TLU SA van kardinale belang. Die huidige stand van sake beteken een boer se lot, raak ook die lot van sy buurman.”

Hy voeg by: “Raak betrokke. Dit is nodig dat Suid-Afrikaners oor kritieke kwessies uit een mond praat. Elke organisasie het sy plek, maar oor dringende kwessies moet ons saam praat.”

Met die groet van gen. maj. Van Zyl, verwelkom TLU SA vir dr. Gawie Lötter en Mauritz Lombard.

Dr. Lötter het jare se ondervinding het in die Suid-Afrikaanse Weermag. Hy het die weermag verlaat met die rang van Kolonel en daarna in die akademiese wêreld as professor in strategiese kommunikasie sy stempel afgedruk.

Mnr. Lombard het ook in die Weermag spesialis ondervinding opgedoen en klaar gemaak met die rang van Lt. Kol. en het daarna as regspraktisyn gepraktiseer. Die besonderse kundigheid wat hul gaan toevoeg tot TLU SA word hoog geag. Buiten ander take sal dr. Lötter vir die Veiligheidskomitee administratiewe ondersteuning gee en mnr. Lombard aan die Plaaslike Regeringskomitee.

“Na die jare wat ek as prokureur praktiseer het, bied die pos by TLU SA aan my die uitdaging om ’n sinvolle bydrae tot die gemeenskap te maak deur die belange van die landbou en in besonder die boer, te koester en te bevorder. Ek sien uit daarna om die boerderygemeenskap te dien met my kennis en ondervinding en glo dat ek ’n sinvolle bydrae kan lewer,” het mnr. Lombard gesê.

Dr. Lötter het gesê: “Elkeen van ons is bewus van die talle uitdagings wat die Suid-Afrikaanse boer tans in die gesig staar. Ons wat nog kan en oor die vermoë beskik om die boer te help en te ondersteun, hetsy deur die voorsiening van tydige en akkurate inligting, ondersteuning, motivering, advies en goeie oop eerlike kommunikasie, het die plig, as die geleentheid hom voordoen, met lojaliteit en passie so te doen. Hierdie pos maak spesifiek daarvoor voorsiening. Om die lede van die TLU se belange te verteenwoordig en te bevorder is die primêre funksie van hierdie pos. Hiervoor het ek ‘n diepgewortelde begrip en passie aangesien ek op ’n plaas groot geword het, en ek glo, ek verstaan. Om in hierdie pos te dien, word die geleentheid geskep om in elke boer en sy gesin se lewe ’n verskil te maak. My persoonlike leuse is: In ondersteuning en samewerking, is ons krag!”

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

sluit aan

Sluit aan
POPI