James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA lê bekommernis oor voedselsekerheid aan Didiza voor na Eskom-bom bars

“Die regering moet besef dat die huidige energiekrisis voedselsekerheid in gedrang plaas. Dit is iets wat geen land kan bekostig nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die landbouorganisasie TLU SA.

TLU SA neem vandag op uitnodiging van Thoko Didiza, minister van landbou, aan ʼn vergadering deel waar die land se energiekrisis deur verskeie partye bespreek word.

“TLU SA staan op vir landbou en die mense wie dit moontlik maak. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se pasaangekondigde 18,65% kragverhoging vanaf 1 April plaas landbou onder nóg groter druk te midde van beurtkrag en laskrag waar selfs die heel grootste boere nou onomkeerbare verliese in die oë staar. Dit versterk beslis die argumente en versoeke wat ons vandag aan die minister voorlê. Eskom is ʼn uitstekende voorbeeld van ʼn instansie wat weens transformasie die land se ekonomie en buitelandse beeld knou.”

Van Zyl bespreek kortliks die punte wat TLU SA op die tafel gaan sit:

  • Ter wille van voedselsekerheid behoort die regering landbou as ʼn noodsaaklike diens te beskou wat geen beurtkrag mag kry nie. TLU SA versoek die regering om kouekettingboere en boere wat van besproeiing afhanklik is van beurtkrag vry te skeld of om beurtkrag buite spitstye toe te pas.
  • Produsente van kouekettingprodukte (temperatuur gereguleer) kan reeds nie raklewe waarborg nie. Besproeiingsboere kan nie volhoubaar met diesel produseer nie en sommige aartappelboere moes reeds produksie staak weens die onvermoë om genoegsaam te besproei.
  • Weens die president se onderneming dat die kragsituasie sal verbeter, is groot insetkostes reeds aangegaan met vestiging van gewasse wat nou verdroog. Saaiboere ly hieronder, maar ook wintergewasse en lusern wat gaan meebring dat diere nie die winter gaan oorleef nie.
  • Voedseltekorte verhoog misdaad (plunderveldtogte en opstande) en lei tot verdere prysstygings.
  • Boere wat minder produseer laat werkloosheid
  • Boere moes volgens geskatte syfers vir besproeiingswater Weens beurtkrag kan hierdie geskatte besproeiing nie plaasvind nie, maar die hoeveelheid water waarvoor geregistreer is kan nie verminder word nie omdat ʼn boer, wanneer hy weer die volle volume wil besproei, van voor af aansoek moet doen met ‘n omgewingsimpakstudie van meer as R100 000 en administratiewe rompslomp.

“Ons het ʼn punt in Suid-Afrika bereik waar verantwoordelike, aktiewe inwoners besef dat ons op ons eie aangewese is om na alternatiewe oplossings te kyk en te implementeer. Eskom het ons land gefaal onder druk van die ANC se beleid. Son SA, ʼn organisasie wat onlangs deur verskeie organisasies gestig is, se beplande energiekonferensie is ʼn stap om alternatiewe krag die primêre kragverskaffer in Suid-Afrika te maak. Eskom moet onder die regering se hande uitkom sodat besigheidsbesluite in plaas van die ANC se ideologiese besluite geneem kan word.”

Ondersteun TLU SA se veldtog om op die privatisering van Eskom aan te dring hier.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA lê bekommernis oor voedselsekerheid aan Didiza voor na Eskom-bom bars

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.