TLU SA President ken nie van moedverloor se vlakte

Moed opgee of hoop verloor mag nie deel van die Suid-Afrikaanse boer se DNS wees nie.

Dít is duidelik na net ’n paar oomblikke in gesprek met Henry Geldenhuys, TLU SA se president.

“Ondanks al die uitdagings wat boere in die gesig staar op ’n daaglikse basis doen ek ’n beroep op elke boer in die land om nie moed op te gee nie … boere moet vasbyt en sterk staan.  Ek besef dit is moeilik, maar ons moet positief bly en ons beste doen om onsself te rat om elke uitdaging die hoof te bied,” het Geldenhuys gesê.

Volgens Geldenhuys mag dit vir die land se boere voel of die “aanvalle” uit alle oorde kom siende dat landbou se uitdagings uiteenlopende aspekte soos regeringsbeleid, klimaat en veiligheid insluit.

“Dit is nodig om te onthou dat jy nie alleen hierin staan nie.  God is met ons.  Geloof is deurslaggewend en dit is waaraan elkeen van ons kan vashou om vas te byt in die moeilike tye.”

As jy luister na Geldenhuys as hy praat oor geloof, hoop en vertroue in God kan mens nie anders nie as om aan Romeine 5: 3-5 te dink.

“… maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukkinge lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie …”

“My grootste behoefte vir ons land en sy boere is om ten alle tye bewus te wees van die volgende:  God is in beheer.  Hy weet van ons uitdagings en ons moet nie ophou bid tot Hom vir leiding nie.  Die Here sal ons – ongeag van alles wat ons moet oorkom – nie verlaat nie.  Boere moenie moed verloor nie.”

Henry is sedert hy begin boer het betrokke by georganiseerde landbou waar hy in die Sheepmoor omgewing sy stempel begin afdruk het. Spoedig het hy op DLU vlak sowel as Streekvlak ’n sterk leiersrol begin speel.  Sedert 2008 het hy gedien as Streekvoorsitter van TLU SA se Oos-streek.

Maar dis veral sy bydrae met betrekking tot veiligheid wat ’n besondere diens is wat hy deurlopend lewer vir sy medeboere regoor Suid-Afrika. In November 2001 is TLU SA se Skietvereniging gestig en het hy daar ook vir jare as voorsitter gedien.

Henry word in 2008 aangewys as Voorsitter van die Nasionale Veiligheidskomitee. Hy verkry in 2016 op nasionale vlak ’n oorkonde as blyk van waardering en erkenning vir die onbaatsugtige en toegewyde diens wat hy in belang van Suid-Afrika se boere in die hantering van veiligheidsaangeleenthede en die verbetering van landelike veiligheid lewer en waartydens daar vir elke potensiële bedreiging riglyne opgestel is oor hoe die situasie op die korrekte wyse binne die wet hanteer moet word.

In 2011 is Henry verkies as Adjunk-president van TLU SA en sedert September 2020 vervul hy die rol van die President van TLU SA.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA President ken nie van moedverloor se vlakte

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.