James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA verwelkom konsepriglyne oor veediefstal-voorkoming, lewer insette

Die breedvoerige en omvattende konsepriglyne oor die voorkoming van veediefstal wat deur die SAPD (Sigbare Polisiëring Afdeling) saamgestel het, is ‘n baie positiewe stap. TLU SA verwelkom die inisiatief.

Rolspelers kon op die regulasies kommentaar lewer en TLU SA het geringe veranderinge voorgestel. TLU SA wil veral beklemtoon dat die riglyne tot op grondvlak geïmplementeer moet word en dat SAPD-lede behoorlike opleiding daaroor sal ontvang.

“Die regulasies oor die voorkoming van veediefstal was nog nooit voorheen so duidelik uiteengesit soos in hierdie dokument nie,” sê Danie Prins, die streeksbestuurder van TLU SA Noord. “Veediefstal het nie net ‘n groot impak op landboubedrywighede nie, maar het ook ‘n direkte, negatiewe invloed op voedselsekerheid as ‘n geheel.

Veediefstal het oor die algemeen van 2021/22 tot 2022/23 toegeneem. In Limpopo het die aangemelde gevalle met 4,4% toegeneem. Die statistieke wys egter nie die koste van verliese nie, en dit is wat werklik ‘n impak op landboubedrywighede en voedselsekerheid het.

TLU SA sal die finale riglyne aan lede beskikbaar stel sodra dit afgehandel is.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA verwelkom konsepriglyne oor veediefstal-voorkoming, lewer insette