James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA verwelkom samewerking in groot ondersoek na onwettige jag met honde in Ermelo

TLU SA kan bevestig dat ’n groot ondersoek na onwettige jag met honde op 21 September 2025 suksesvol deur plaaslike boere, die Ermelo SAPD, die SAPD Veediefstaleenheid en die Dierebeskermingsvereniging (DBV/SPCA) saam uitgevoer is. 

Die ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van 24 verdagtes, wat tans by die Ermelo SAPD in aanhouding is, sowel as die beslaglegging van 50 honde. Agt van hierdie honde is deur die DBV in bewaring geneem, terwyl die oorblywende twee en veertig aan hul eienaars oorhandig is, met die voorwaarde dat die honde in hul besit bly totdat die saak afgehandel is. Verskeie voertuie wat by die onwettige jag gebruik is, insluitend twee minibus-huurmotors, twee sleepwaens vir honde en een ligte afleweringsvoertuig, is ook in beslag geneem.

“Hierdie suksesvolle ondersoek is ’n duidelike voorbeeld van hoe samewerking tussen boere, wetstoepassers en dierebeskermingsorganisasies ’n groot verskil kan maak,” sê Ronnie Schilling, TLU SA se Oosstreek Streekbestuurder. “Al die partye was ten volle bewus van die vereistes en wette wat geld vir jag met honde, en daar was werkbare strukture en prosedures in plek wat dit moontlik gemaak het om die ondersoek glad te laat verloop. Dit is ’n belangrike herinnering vir boere en jagters dat om binne die wet te werk nie net ’n vereiste is nie, maar ook die beskerming van almal se belange verseker.”

TLU SA wil beklemtoon dat hierdie saak die tweede groot ondersoek van hierdie aard binne net ’n paar weke is. Die organisasie roep plaaslike gemeenskappe op om verantwoordelik op te tree en sorg te dra dat alle jagaktiwiteite binne die raamwerk van die wet plaasvind. Strukture, prosedures en volledige kennis van reëls en regulasies is nie opsioneel nie; dit is noodsaaklik.

“Ons sien hierdie wen as ’n bewys dat wanneer alle betrokkenes saamwerk en die reëls respekteer, groot sukses behaal kan word. Dit is ook ’n oproep aan boere om altyd seker te maak dat hulle strukture en kennis van die wet op datum is voordat hulle by enige jag betrokke raak,” sluit Schilling af.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA verwelkom samewerking in groot ondersoek na onwettige jag met honde in Ermelo

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.