Wanneer ‘n persoon se eggenoot ‘n werksgeleentheid aanvaar het op ‘n ander plek (land) moet mens noodgedwonge saamgaan. Maxine Roux wat by TLU SA as Senior Assistent Beleidsake diens gedoen het is saam met haar man op koers na Australië. In die relatief kort rukkie wat sy by TLU SA was het sy ‘n wesentlike bydrae gemaak waarvoor ons ‘n woord van groot dank aan haar rig. Ons beste wense vergesel haar op die ver paaie wat nou bewandel gaan word.
VAKANTE POS
SENIOR ASSISTENT: BELEIDSAKE
Gestasioneer in Silverton, Pretoria
Voltydse pos as Senior Assistent Beleidsake vir die oudste landbou-unie in die land, TLU SA.
Die persoon sal direk onder die Hoofbestuurder funksioneer en behulpsaam wees met die koördinering van alle beleidsaangeleenthede
Kwalifikasies en ervaring benodig:
- Hoë vlak taal en kommunikasievermoë – intern sowel as ekstern (Afrikaans en Engels magtig)
- Sterk skakelvermoë – grondvlak, provinsiaal, nasionaal, beide in openbare as private sektore
- Moet kan skakel met media – grondvlak sowel as provinsiaal
- Sterk organisatoriese en administratiewe vermoëns
- Hoogstaande rekenaarvaardigheid
- Moet onder druk kan funksioneer, inisiatief kan neem en die vermoë hê om te implementeer
- Suksesvolle kandidaat moet ‘n entoesiastiese persoon wees wat dinamies en selfstandig kan funksioneer
- Ervaring van bemarking
- Reël van funksies, spesifiek jaarkongres
Standaard voordele:
- Pensioenskema
- Mediese toelaag
- Salaris onderhandelbaar
Sluitingsdatum:
Alle potensiële kandidate se volledige CV’s, tesame met kontakbesonderhede van vorige werkgewers, moet ons bereik by hb@tlu.co.za teen 19 Augustus 2024.
Vir enige navrae, kontak gerus die Hoofbestuurder, Bennie van Zyl, by 082 466 4470.