James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Veediefstal het ernstige ekonomiese, emosionele en sielkundige gevolge

Die skade is groot op ’n ekonomiese vlak, maar vir sommige is dit die emosionele impak wat die kameel se rug breek as dit by veediefstal kom.

Ofskoon daar wel die gevalle is waar veediefstal ’n vernietigende effek op die boerdery en boer gehad het, weet TLU SA daar is boere wat nog ’n laaste keer wil probeer of wat maniere gevind het om die ernstige saak van veediefstal suksesvol aan te spreek.

Dit is een van die redes vir TLU SA se veediefstal-veldtog. Ander redes sluit in die groter bewusmaking van die huidige stand van sake, om druk op die plaaslike en nasionale polisie te plaas om die sake wel te ondersoek, en om boere van praktiese raad te voorsien in die stryd teen veediewe.

Volgens statistiek wat vroeër bekend gemaak is, is die geldelike waarde van vee wat in 2020/’21 gesteel is, ’n allemintige R1 107 644 600. ’n Klein deel van is teruggevind vir ’n totale verlies van R 844 603 800.

Dit is reeds moeilik om te herkou, maar die ekonomiese impak is maar net een van die redes hoekom daar boere is wat net nie meer kan aangaan nie.

Sodra vee en ’n plaas verkoop word, kring die ekonomiese impak uit, want nou is daar verskeie mense wat werkloos is en families word geraak.

Terwyl sommiges nog die ekonomiese impak die hoof kan bied, is dit die emosionele en sielkundige impak wat die beslissende slag lewer.

TLU SA wil hê boere moet weet hulle is nie alleen in die stryd teen veediefstal nie.

Praktiese raad vir boere met die feesseisoen ingedagte, is om ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

PRAKTIESE RAAD

• Meld alle veediefstal aan en volg gereeld op.
• Sluit aan by jou plaaslike VIS (veediefstal inligting sentrum).
• Woon maandelikse Landelike Veiligheidvergaderings met die SAPD by en sorg dat veediefstal op die sakelys is.
• Plaas veediefstal as staande punt op alle SAPD vergaderings insluitend Landelike Prioriteit vergadering.
• Sorg dat jou eie dokumente in plek is wanneer diere vervoer word (Art 6 en 8).
• Sorg dat brandmerke/tatoeëring reg gedoen word.
• Wees katvoet by veilings.

Om betrokke te raak by TLU SA se veediefstal-veldtog – deur jou storie/raad te deel of om raad te vra – besoek https://tluveldtogte.co.za/veediefstal/

Kategorie:

Deel dit:

Veediefstal het ernstige ekonomiese, emosionele en sielkundige gevolge

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.