Die afgelope jaar het heelwat besighede bankrot gespeel en individue hulle werk verloor. Landbou kon grootliks aangaan met besigheid. In sekere gevalle is die markte egter versteur en het sommige van ons boere ook probleme ondervind. ‘n Jaar soos hierdie leer elkeen om opnuut hulle eie besigheid vir effektiwiteit te evalueer. Aspekte soos ekonomie van skaal, winsgewendheid, optimale produksie, bewaringspraktyke, presisie boerdery en diversifikasie word deurentyd in gesprekke oor volhoubare landbou genoem. Wat wel soos ‘n paal bo water uitstaan is dat ons boere al geleer het om aanpasbaar te wees gegewe al die veranderlikes waarmee hulle daagliks gekonfronteer word.
In die beplanningsproses is dit belangrik om deur middel van ‘n omvangryke evaluasie te kyk na ons produksieprosesse om die effek op die onderste lyn van die balansstaat te bepaal. Dit is belangrik om te besef dat daar ‘n groot verskil is tussen maksimum opbrengs of maksimum wins.
In hierdie verband het Dr Gawie du Toit saam met verskeie ander kundiges oor jare heen navorsing gedoen en is die resultate van verskeie proewe in graanverbouings nou beskikbaar. Deur sekere aanpassings aan die kant van die insetkoste te maak word die winsgewendheid dramaties verbeter.
Ons affiliasies waar graan verbou word moet dit ernstig oorweeg om Dr Gawie vir ‘n gespreksgeleentheid uit te nooi. Winsgewendheid moet op ‘n volhoubare wyse nagestreef word. Kontak Dr Gawie du Toit by 083 630 1330.