Die afgelope tyd is die Parlement gekenmerk deur uiters swak gedrag deur parlementslede. Mens vra jouself wat ons daaruit kan leer. Die gedrag wat daar gedemonstreer is, is gewis nie die tipe gedrag waarmee enige beskaafde mens geassosieer wil word nie. Ons mag nooit toelaat dat dit as die norm toegelaat word nie. Kom ons behou ons waardigheid, tree op soos dit hoort en bou steeds vir die toekoms op so wyse dat ons trots kan wees op ons nalatenskap. Vir ‘n TLU SA-lid is ons Manifes ‘n baie goeie rigsnoer in die verband.
Foto deur Jan Prokes | Pexels