James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

“Want wie kan eet en wie kan geniet sonder Hom?” – die ware vertrekpunt van groei

Prediker 2:25 stel ’n eenvoudige, maar groot waarheid: “Want wie kan eet en wie kan geniet sonder Hom?” Hierdie vraag sny deur tyd, ekonomieë en politieke stelsels. Dit herinner ons daaraan dat geen mens, geen bedryf en geen samelewing werklik kan floreer sonder die bron van alles nie. Vir landbouers is hierdie waarheid nie ’n abstrakte teologiese konsep nie, maar ’n daaglikse werklikheid wat in elke produksiesiklus beleef word.

Elke boer weet: groei kan nie afgedwing word nie. Dit kan nie deur menslike beplanning alleen geskep word nie en dit kan nie deur beleid, kapitaal of tegnologie gewaarborg word nie. Die mens kan voorberei, plant, bewerk en versorg, maar uiteindelik bly groei ’n genadedaad – die mens kan plant, maar dit is God wat laat groei. Sonder reën op die regte tyd, sonder sonlig, sonder die wonder van ’n lewende bodem (alles deur God daargestel), is al ons moeite tevergeefs.

Landbou is daarom een van die mees tasbare getuienisse van God se voorsienigheid in sy skepping. In hierdie natuuromgewing word daar altyd na balans gestrewe. Die mens is in beheer gestel om te heers oor die Skepping en juis dit bring ’n groot verantwoordelikheid vir ons elkeen mee.

God het in sy wysheid die skepping só ingerig dat die mens die aarde kan benut, maar nooit mag misbruik nie. Die samewerking tussen grond, water en energie – veral die son – is ’n stille, maar kragtige proses wat voedsel voortbring. Hierdie voedsel is nie bloot ’n verbruiksproduk nie; dit is die bron van menslike krag, arbeid, denke en uiteindelik ekonomiese aktiwiteit. Sonder voedsel is daar geen werkers, geen entrepreneurs, geen onderwysers en geen gemeenskappe nie.

Hier lê die kernwaarheid wat dikwels in moderne ekonomiese gesprekke misgekyk word: Die produsent is die vertrekpunt van ’n funksionerende ekonomie en ’n gesonde gemeenskapslewe. Voor daar verwerkingsaanlegte, markte, uitvoere en verbruikers is, moet daar eers iemand wees wat saad in die grond plaas en bereid is om risiko te dra. Landbouers produseer nie net kos nie; hulle lê die fondament waarop die res van die samelewing bou.

Tog leef ons in ’n tyd waar groei dikwels eng verstaan word. Groei word gemeet in bruto binnelandse produk, aandeelpryse of korttermynwins. Hierdie tipe groei is belangrik, maar dit is onvolledig. Ware groei moet omvattend wees: ekonomies, sosiaal, moreel en geestelik. Wanneer groei losgemaak word van waardes en geloof, raak dit broos en selfvernietigend.

Landbou leer ons juis hierdie les. Grond wat net ontgin word sonder om opgebou te word, raak uitgeput. ’n Produksiesisteem wat net neem en nie herstel nie, stort uiteindelik in duie. Dieselfde geld vir ’n samelewing. Sonder geestelike groei, sonder nederigheid, dankbaarheid en afhanklikheid van God raak ons strukture leeg en ons vooruitgang hol.

Daarom is groei in geloof die belangrikste vorm van groei. Geloof herinner ons daaraan dat ons nie die middelpunt van alles is nie. Dit leer ons om te saai met hoop, te werk met verantwoordelikheid en te leef met dankbaarheid. In tye van droogte, siekte of ekonomiese druk is dit geloof wat volharding moontlik maak. Dit is geloof wat die landbouer weer laat opstaan, weer laat plant en weer laat glo dat môre beter kan wees.

Prediker se woorde daag ons uit om eerlik te vra: Wie gee ons werklik die vermoë om te eet en te geniet? As ons erken dat dit uiteindelik van God kom, verander dit ons perspektief op werk, op ekonomie en op gemeenskap. Dan besef ons dat vooruitgang nie net iets is wat ons bewerkstellig nie, maar iets wat ons ontvang en verantwoordelik moet bestuur.

In ’n land wat worstel met onsekerheid, strukturele probleme en ekonomiese druk, is hierdie besef van kardinale belang. Die pad vorentoe lê nie net in beter beleid of groter beleggings nie, maar in ’n hernude waardering vir die basiese waarhede van die lewe: dat groei ’n gawe is, dat voedsel lewe moontlik maak, en dat geloof rigting gee.

Soos in die landbou, so ook in die lewe: Alles begin by die Ewige Koning. Sonder Hom kan niemand werklik eet of geniet nie. Wanneer ons dus praat oor “Boer tot bord” moet die kernboodskap daarin altyd raakgesien word, naamlik ons absolute afhanklikheid van God Drie-enig.

Hierdie meningstuk het op 6 Februarie 2026 in Pretoria FM se e-koerant, Nuusweek, verskyn.

Kategorie:

Deel dit:

“Want wie kan eet en wie kan geniet sonder Hom?” – die ware vertrekpunt van groei

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.