Die Minister van Watersake en Sanitasie het ontvangs erken van die dringende skrywe wat TLU SA in verband met die installering van watermeters aan haar gerig het.
Verder is ‘n taakmag aangestel om die voortslepende waterdispute te ondersoek en vinniger ‘n oplossing te vind.
In die lig van die groen droogte wat groot gedeeltes van die land affekteer, waar daar reënval is, maar geen of baie min afvloei plaasvind is die Waterkomitee besig om te werk aan voorstelle oor opvanggebiede en staatswaterskemas om water meer bekombaar te maak in droë tye.