Wys ons jou boerpampoen(geregte)!

(Fotokrediet: Canva)

Die Cullinan Boere-unie, in samewerking met TLU SA, nooi jou uit na die opwindende 2025 Goliat van Gat Pampoenfees! Die fees vind plaas tussen 09:00 en 15:00 op 15 Maart 2025 by die Pretoria Ou Motorklub in Silverton en beloof iets vir almal – van reuse-pampoene tot smullekker pampoengeregte.

Hierdie jaar staan verbruikers en deelnemers in die kollig met die heerlike pampoengeregkompetisie wat vir almal oop is! Of jy deel is van ‘n boere-unie of net ‘n passievolle kok, hierdie is jou kans om kreatief te raak met pampoen. Maak nie saak of dit goudbruin pampoenpoffertjies, ‘n romerige pampoensop, pampoenpasteitjies of daardie klassieke pampoentert van jou ouma is nie – jou unieke skepping kan groot pryse wen!

Henri Combrink, organiseerder van die Goliat van Gat Pampoenfees, moedig almal aan om betrokke te raak: “Hierdie fees is nie net vir die groot pampoene nie, maar vir groot geesdrif in die kombuis! Ons nooi alle kosliefhebbers om hul resepte te deel en deel te wees van hierdie feestelike ervaring.”

Die reuse-pampoenkompetisie bly steeds ’n groot trekpleister, met kategorieë soos die 10 grootste pampoene, ook die mooiste en die lelikste. Daar is ook ’n spesiale kategorie vir kinders onder 16 jaar, sowel as inskrywings vir ander groentes soos reusekomkommers en tamaties.

Kom skep saam herinneringe, deel jou passie vir pampoene, of geniet net die stalletjies, kos en gees.

Vir inskrywings en meer inligting oor stalletjies, kontak Henri Combrink by 082 552 9428 of e-pos culliboer@gmail.com.

Foto: Canva

(Fotokrediet: Canva)

Kategorie:

Deel dit:

Wys ons jou boerpampoen(geregte)!

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.