James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Grondpaaie in Noordwes nou meer toeganklik nadat NWK en regering hande vat

Sowat 550 km se grondpaaie in Noordwes is nou geskraap en meer toeganklik danksy ’n memorandum van verstandhouding wat NWK met dié provinsie se Departement van Openbare Werke en Paaie onderteken het.

Ná ’n geruime tyd se onderhandelinge met die regering het Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy uiteindelik die nodige magtiging en vrywaring bekom en dadelik aan die werk gespring.

’n Kontrakteur is aangestel en sowat R500 000 betaal om die betrokke paaie te skraap. Omdat die stroopseisoen onderweg was, is daar besluit om tydens die eerste fase van die projek te fokus op grondpaaie wat na NWK se silokomplekse lei.

Die projek is in samewerking met Agri NW onderneem. Dit het op 1 Junie afgeskop en sowat ses weke geduur.

Paaie is geskraap in die areas van Kameel, Geysdorp, Excelsior, Delareyville, Barberspan, Rostrataville, Sannieshof, Vermaas, Kleinharts, Boschpoort, Coligny, Grootpan, Lusthof en Mareetsane.

“Ons paaie is in ʼn haglike toestand en lei tot groot ongelukkigheid onder ons bevolking. Groot skade word deur elke persoon wat paaie gebruik, gely. As ʼn sake-onderneming het die vervalle paaie NWK al ʼn geruime tyd gelede genoop om ʼn ooreenkoms met die provinsiale regering te sluit sodat iets aan die situasie gedoen kon word,” het Theo Rabe, groephoof-uitvoerende beampte van NWK, verduidelik.

“Al die skade wat gely word, veral deur ons produsente, dra by tot die stygende voedselpryse. Veral die prys van arm gemeenskappe se hoofbron van voedsel bly styg weens skade aan toerusting en die ontoeganklikheid van paaie.

“Die padnetwerk is kardinaal om die hele voedselproduksieketting doeltreffend te laat werk en te sorg dat eindverbruikers bekostigbare voedsel op hul tafels het. Die bydraes deur vennote soos NWK en Agri NW sal help om uitgawes vir die produsent en uiteindelik die eindverbruiker laer te hou,” het Theo vervolg.

“Dit sal boonop ook ander padgebruikers, wat met busse en taxi’s op hierdie paaie na hul werksplekke en skole moet reis, bevoordeel. Baie vragmotors gebruik ook hierdie paaie om graan na die onderskeie verwerkingsaanlegte te vervoer.”

Verskeie produsente het hulle dank teenoor NWK uitgespreek vir die inisiatief.

Ander paaie in Noordwes sal in komende fases van die projek geprioritiseer word. NWK skenk ook gereeld teer om slaggate in Lichtenburg se sentrale sakegebied te herstel.

Kategorie:

Deel dit:

Grondpaaie in Noordwes nou meer toeganklik nadat NWK en regering hande vat

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.