James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Kweek voorspoed, nie ideologie nie – TLU SA minimum loon veldtog

Die nuwe minimum loon vir 2024 is aangekondig ten spyte van verskeie menings dat die landboubedryf nie die verhoging kan absorbeer nie. ‘n 8.5% styging is bloot nie volhoubaar nie.

TLU SA loods vandag ‘n veldtog om landbouers te bemagtig om, ten spyte van die nuwe minimum loon, voorspoed te kweek vir hulle boerdery, en nie ideologie nie.

TLU SA bied op Donderdag, 29 Februarie 2024 om 10:00 ‘n werkswinkel aan waartydens landbouers gratis regsadvies sal ontvang. Die LWO Werkgewersorganisasie sal wetgewing en riglyne rondom die minimum loon wetgewing verduidelik.

Om te verseker dat almal munt uit die gratis werkswinkel kan slaan, kan belangstellendes dit by die TLU SA kantoor in Pretoria bywoon of aanlyn inskakel. Die sessie sal ook opgeneem word en landbouers kan versoek om die opname na die werkswinkel te ontvang.

Beperk die impak van die nuwe minimum loon op jou boerdery, en woon die gratis regsadvieswerkswinkel by.

Registrasie kan gedoen word op die TLU SA webwerf: https://www.tlu.co.za/kweek-voorspoed-nie-ideologie-nie/

Kategorie:

Deel dit:

Kweek voorspoed, nie ideologie nie – TLU SA minimum loon veldtog

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.