James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Suid-Afrika stort in duie | Herstel is nie-onderhandelbaar

(Fotokrediet: stateofthenation.gov.za)

Suid-Afrika bevind hom op ’n kritieke kruispad. Terwyl president Cyril Ramaphosa voorberei om sy Staatsrede (SONA) te lewer, doen TLU SA ’n ernstige beroep op hom om weg te beweeg van die ANC se ideologiese agenda, die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR), en hom in plaas daarvan toe te spits op praktiese oplossings wat die land en sy mense vooropstel.

Die afgelope drie dekades se beleid van die ANC het ernstige skade aan die land berokken. Suid-Afrika steier onder ’n ekonomie wat op die rand van ’n resessie balanseer, massiewe werkloosheid, ’n toenemende misdaadkrisis en totale ineenstorting van dienslewering op plaaslike vlak. President Ramaphosa moet wys of hy die moed het om as staatsman op te tree en daadwerklik die probleme wat ons land kniehalter aan te pak.

Suid-Afrika het dringend regstellende aksie nodig – nie vir politiek nie, maar vir vooruitgang. 

TLU SA glo dat die volgende aspekte krities is vir Suid-Afrika se herstel en dat dit onmiddellike aandag moet geniet:

 

  1. Misdaadbekamping en veiligheid: Suid-Afrika is in die greep van misdaad, wat nie net burgers se veiligheid bedreig nie, maar ook beleggers afskrik. Plaasmoorde en geweld is ’n skande wat daadwerklik aangespreek moet word deur die skep van ’n doeltreffende en professionele polisiemag wat werklik in diens van gemeenskappe staan. Die huidige mislukking om wetteloosheid te bekamp, versterk net die gevoel dat die regering nie meer in staat is om wet en orde te handhaaf nie.
  2. Herstel van vertroue in die ekonomie: Die staat moet ophou om onnodige beperkings op entrepreneurskap en privaat besighede te plaas. Beleide soos grondonteiening sonder vergoeding en die wysiging van eiendomsreg veroorsaak net onsekerheid en ontmoedig investering. President Ramaphosa moet bewys dat hy verstaan dat ’n florerende ekonomie slegs moontlik is as daar beleidsekerheid en werklike ondersteuning vir besighede is.
  3. Korrupsie en staatskaping: Korrupsie vernietig enige moontlikheid van vooruitgang. Kaderontplooiing, wat tot die wanfunksionering van bykans elke staatsdepartement gelei het, moet onmiddellik beëindig word en kundige persone moet op meriete aangestel word. Die publiek se vertroue in die regering kan slegs herstel word deur deursigtige, doeltreffende en verantwoordbare bestuur van openbare middele.
  4. Infrastruktuurherstel: Eskom se onbetroubaarheid en gebrekkige infrastruktuur hou nie net ekonomiese groei terug nie, maar bedreig ook die land se basiese funksionering. Private deelname aan energievoorsiening en hernubare energieprojekte moet aangemoedig word. Sonder stabiele energievoorsiening kan geen ekonomiese vooruitgang gemaak word nie. Daadwerklike kundige aksies moet geloods word om ons padnetwerkstelsel in die land weer op so‘n vlak te kry dat dit as ondersteuning van ekonomiese aktiwiteite kan dien, anders as wat dit tans beleef word. 
  5. Onderwys en vaardigheidsontwikkeling: Suid-Afrika benodig ’n onderwysstelsel wat fokus op ekonomiese geletterdheid en die ontwikkeling van praktiese vaardighede. Jong mense moet toegerus word om deel van die oplossing te wees, eerder as om deur ’n disfunksionele stelsel oorgelaat te word aan ’n toekoms sonder hoop. Die rol van onderwys as die sleutel tot volhoubare ontwikkeling kan nie oorbeklemtoon word nie.
  6. Dienslewering op grondvlak: Plaaslike regerings is ondoeltreffend en korrup. Gemeenskappe en die privaat sektor neem al hoe meer verantwoordelikheid vir basiese dienslewering oor, terwyl die regering se sentralistiese beheer voortdurend faal. Dienslewering op plaaslike vlak moet gedesentraliseer word en mense moet die vermoë hê om hul eie gemeenskappe te bestuur.
  7. Landbou en voedselveiligheid: Die volhoubaarheid van die landbousektor is noodsaaklik vir ekonomiese herstel en voedselvoorsiening. Regeringsbeleid moet ondersteunend wees en nie die sektor verder onder druk plaas met onpraktiese regulasies en wetgewing, soos die Grondreservasie-wet nie. Landbou moet as ’n nasionale prioriteit behandel word – nie net vir voedselveiligheid nie, maar ook as ’n beduidende bydraer tot werkverskaffing en ekonomiese groei.
  8. Werkloosheid en werkskepping: Pres. Ramaphosa moet die werklike realiteit van Suid-Afrika ontleed en erken, en die koers duidelik aandui om sukses te behaal. Sukses beteken ekonomiese groei, wat die grondslag sal wees vir werkskepping, wat op sy beurt werkloosheid sal aanspreek en onmiddellik vir mense hoop vir die toekoms gee. Die beleidsomgewing is die kern van al hierdie aspekte. Begin by die begin, heroorweeg die benadering, en pas die beleide aan. Net dan sal die nodige veranderinge volg, en sal Suid-Afrika die herstel begin ervaar.

 

Pres. Ramaphosa, onthou jy die eed wat jy afgelê het om die land en sy mense te dien? Die vraag bly of hy die moed sal hê om weg te beweeg van die ANC se selfvernietigende ideologie en eerder Suid-Afrika se welsyn voorop te stel.

Ons doen ’n beroep op hom om meetbare en daadwerklike oplossings te bied wat die probleme van ons land regtig aanspreek. Die tyd vir leë beloftes is verby. Suid-Afrika het leierskap nodig wat bereid is om die moeilike keuses te maak – nie in diens van ’n politieke agenda nie, maar vir ál die mense van hierdie land.

 

Kategorie:

Deel dit:

Suid-Afrika stort in duie | Herstel is nie-onderhandelbaar

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.