James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Nuwe konsep-vuurwapenregulasies: ‘n ernstige bedreiging vir veiligheid

TLU SA spreek sy ernstige kommer uit oor die jongste konsepwysigings aan die regulasies van die Private Security Industry Regulation Act (PSIRA), wat op 28 Maart sonder enige publieke aankondiging in die Staatskoerant gepubliseer is. Hierdie voorgestelde regulasies het reeds opslae gemaak in verskeie sektore, en met reg. Indien dit in sy huidige vorm deurgevoer word, sal dit die funksionering van die private sekuriteitsbedryf in Suid-Afrika feitlik onmoontlik maak – met potensieel verwoestende gevolge vir die veiligheid van gewone landsburgers, insluitend landbougemeenskappe wat reeds onder geweldige druk verkeer.

Al tref hierdie regulasies tegnies gesproke net die sekuriteitsbedryf, is dit naïef om te glo dat die invloed nie veel verder strek nie. Die landbougemeenskap is afhanklik van private sekuriteit om hul families, plase, werkers en bates te beskerm – juis omdat die staat al lankal nie meer aan sy verantwoordelikhede voldoen nie. Wat tans voorgehou word as regulering, lyk eerder na ‘n poging om vuurwapenbesit en selfbeskerming indirek te ondermyn. Vir TLU SA is dit onaanvaarbaar.

Die konsepregulasies bevat bepalings wat onder meer die reg op selfbeskerming aan bande lê, deur byvoorbeeld te vereis dat gewapende wagte nie mag werk indien hul werkgewer bloot ondersoek word nie – sonder enige veroordeling. Daar is ook voorsiening gemaak vir beperkings op vuurwapengebruik in openbare ruimtes soos winkelsentrums, kerke en selfs huise; streng vereistes vir psigometriese toetse sonder duidelike riglyne; en die verpligting om tegnologie te gebruik wat eenvoudig nie bestaan nie. Dit raak elke boer wat daagliks in ‘n plattelandse gebied werk waar die polisie nie betyds kan of wil opdaag nie.

TLU SA sal nie stilbly terwyl regulasies stilweg ingevoer word wat die reg op beskerming en veiligheid bedreig nie. Ons sal ‘n formele skrywe rig aan die Nasionale Polisiekommissaris asook aan die Minister van Polisie waarin ons duidelik ons beswaar stel teen hierdie wysigings. Ons tree ook in vennootskap met regskenners soos Martin Hood om die volle omvang van hierdie wysigings te ontleed en sal alle moontlike regstappe oorweeg.

TLU SA sal, volgens die voorgeskrewe proses, ook formeel kommentaar indien voordat die sperdatum aan die einde van April verstryk. Daarbenewens beplan ons om aktief deel te neem aan die openbare deelnameprosesse wat volg. Ons versoek elke lid van die publiek om in persoon op die voorgeskrewe manier te reageer, om soveel as moontlik reaksie te ontlok.

Ons waarsku ernstig teen die effek van hierdie regulasies: om die sekuriteitsbedryf te kniehalter is om gemeenskappe weerloos te laat. In ‘n land waar misdaadvlakke reeds buite beheer is en waar wettige vuurwapeneienaars dikwels die enigste verdedigingslinie is, sal sulke regulasies nie net chaos meebring nie, maar lewens kos. Die regulasies behoort ten minste te voldoen aan die wetgewing, regulasie 21 van die Wet op Beheer van Vuurwapens, wat dit duidelik nie aan voldoen nie.

TLU SA bly daartoe verbind om die stem van landbougemeenskappe en alle wetgehoorsame burgers op te hef waar die reg op beskerming in gedrang kom. Ons sal voortgaan om ons lede te adviseer, in te lig en te mobiliseer waar nodig.

Kategorie:

Deel dit:

Nuwe konsep-vuurwapenregulasies: ‘n ernstige bedreiging vir veiligheid

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.