James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Sal hierdie kommissie die siklus van 30 jaar breek?

TLU SA neem kennis van president Cyril Ramaphosa se aankondiging van ’n kommissie van ondersoek na grootskaalse korrupsie en politieke inmenging in die Suid-Afrikaanse regsdienste. Hierdie poging om die veiligheids- en vervolgingstrukture in al hul fasette te suiwer, is op papier ’n belangrike stap, maar die vraag is of dit nie dertig jaar te laat kom nie.

“Vir te lank leef ons land in die werklikheid van ’n stelsel wat faal, ’n polisie- en regstelsel wat nie beskerm, nie ondersoek en nie vervolg nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Hoewel boere en hulle werkers besonder swaar dra aan hierdie verval, is dit alle Suid-Afrikaners wat die prys betaal. Die publiek se wantroue in die stelsel het só gegroei dat mense toenemend die reg in eie hande neem, want SAPD kan eenvoudig nie meer vertrou word nie. Is dit die uiteinde van dekades se kaderontplooiing?”

TLU SA verwelkom die besluit om polisieminister Senzo Mchunu, met onmiddellike effek te skors, maar beklemtoon dat simboliese skuiwe nie genoeg is nie. Die werklike toets sal wees of die kommissie daarin slaag om die werklike oorsake van verval bloot te lê, en of regtig opgetree word teen dié wat hul posisies misbruik het.

TLU SA glo en hoop dat hierdie kommissie ’n keerpunt kan wees, nie net nog ’n politieke rookskerm wat die werklike skuldiges beskerm nie. “Ons regstelsel kos die belastingbetaler miljoene, en tog is daar min geregtigheid. Ons vertrou dat hierdie kommissie uiteindelik die onreg uit die stelsel sal wegsny, sodat ons weer ’n funksionele en geloofwaardige regstelsel kan hê,” sê Van Zyl.

Kategorie:

Deel dit:

Sal hierdie kommissie die siklus van 30 jaar breek?

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.