James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA lewer kommentaar oor voorgestelde nasionale minimumloon

Die regering moet heeltemal van ‘n minimumloon afsien totdat die ekonomie groei en werkloosheid afneem. Daarom het TLU SA amptelik kommentaar gelewer oor die voorgestelde minimumloon van die Nasionale Minimumloon Kommissie.

Die kommissie moet die minimumloon volgens die Nasionale Minimumloon wet jaarliks hersien. Een van die kritiese voorstelle van die kommissie is om die minimumloon van plaaswerkers te verhoog na die voorgestelde nasionale minimumloon van R21.69 per uur.

“Die inperkingsregulasies van 2020 het die Suid-Afrikaanse ekonomie uitermate beskadig en daarom is die standaard benadering om die minimumloon aan te pas nie haalbaar nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys. “Die vermoë van werkgewers om die vlakke van vergoeding voor die inperking vol te hou, is uitermate deur die inperking gereguleer. Dit het gelei tot die hoogste vlakke van werkloosheid in die onlangse geskiedenis. Werkloosheid is die grootste bedreiging tot stabiliteit in die land en die toekoms van Suid-Afrikaners. ‘n Toename in werkloosheid as gevolg van ‘n verhoogde minimumloon sal negatiewe gevolge hê.”

Die regering moet besef dat die minimumloon indruis teen die vryheid van keuse van werksoekers. As iemand verkies om teen R100 per dag te werk en sodoende ervaring opdoen en ‘n inkomste verdien, eerder as om staat te maak op ‘n toelaag van R40 per dag, moet dit hulle keuse wees. Die land het nou meer as ooit tevore meer werksgeleenthede nodig, wat die vlakke van armoede sal verlig.

“Die regering moet ernstig besin oor hulle aanslag tot arbeid,” sê mnr. Geldenhuys. “Elke besluit moet teen die effek daarvan op ekonomiese groei getoets word. Die regering moet eerder inisiatiewe vir besighede skep om meer werkers in diens te neem as om werkloosheid te skep. Suid-Afrika se beleidsomgewing is ongunstig vir handel en belegging.

“Die beste uitkoms vir die land, besigheid en arbeid is wanneer die markkragte die arbeid reguleer.”

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       14 Desember 2020

 

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA lewer kommentaar oor voorgestelde nasionale minimumloon

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.