Ctrack begryp die belangrikheid van Suid-Afrika se boerderysektor en die bydrae wat boere lewer tot die land se BBP – ten spyte daarvan dat hulle hul ondernemings moet bedryf in omstandighede wat nie altyd ideaal is nie.
As sodanig plaas Ctrack ’n hoë waarde op sy vennootskap met TLU SA, wat die veiligheids- en sekerheidsinisiatiewe van hierdie gemeenskappe steun, terwyl dit terselfdertyd pasgemaakte Agri-oplossings ontwikkel wat die landbougemeenskap bystaan in die veilige en sekere bedryf van hul ondernemings.
“Die vennootskap tussen TLU SA en Ctrack is ’n wen-wen-situasie vir albei organisasies. Deur hierdie vennootskap het TLU SA-lede toegang tot ’n omvattende suite van Ctrack se moderne en doeltreffende opsporings- en vlootbestuuroplossings,” sê Hein Jordt, Uitvoerende Hoof van Ctrack Africa.
Groter veiligheid en sekerheid, tesame met die vereiste om tred te hou in vandag se digitale wêreld, is nou meer relevant vir die landbousektor as ooit tevore. Ctrack se trots Suid-Afrikaanse oplossings help met die monitering en toewysing van verskillende bates in die veld deur die gebruikmaking van ‘n digitale platform wat nie net bydra tot die produktiwiteit en kostebesnoeiing van ‘n plaasoperasie nie, maar ook plaasbates optimiseer en beveilig.
Om ’n ogie te hou op al jou roerende bates is ’n kritieke element van enige veiligheids- en sekerheidsstrategie, en Ctrack het, danksy ’n verskeidenheid toestelle vir gedrewe en nie-gedrewe toerusting, die vermoë om enigiets wat kan beweeg, op te spoor. Dit is deurslaggewend in die opskerping van algemene sekerheid, en vergroot die vermoë van boere om te reageer op voorvalle van diefstal, kapings of die ongemagtigde gebruik van toerusting.
Die manier waarop ’n voertuig gebruik word, is die grootste bydraende faktor tot voertuigkoste, soos instandhouding en brandstof. Ctrack kan ’n verskeidenheid faktore monitor, onder meer snelheid, enjinsnelheid, luiering, G-kragte, harde remming en baie ander om jou te help bepaal presies hoe jou voertuie gebruik word. Voorts bied Ctrack se oplossings ruimte vir die implementering van strategieë vir verbetering, indien nodig.
Elke minuut dat ’n voertuig soos ’n trekker onnodig, of ondoeltreffend, gebruik word, vergroot risiko en koste. ’n Sleutelkomponent van Ctrack se Agri-oplossings is die vermoë om die ongemagtigde aanskakeling en gebruik van voertuie deur personeel wat nie gelisensieer of behoorlik opgelei is om daardie kategorie voertuig te gebruik nie, deur ’n verskeidenheid van aansitter-uitsluitmeganismes hok te slaan.
Verdere funksionaliteit, soos digitale voor inspeksie-verslae, verseker dat voertuie in stand gehou word, probleme opgespoor en aangeteken word, en bates beter benut word – wat alles meewerk om die risiko van onvoorsiene manktyd te verminder.
Beter operateurbestuur is ook die sleutel tot groter veiligheid, die vermindering van uitputting en die toepassing van rustye. Deur hierdie parameters noukeurig te meet, word die proses om te bepaal wie watter voertuig gebruik het, en vir hoe lank, grootliks vereenvoudig.
Area bestuur is ’n ander nuttige manier om die doeltreffendheid van jou plaasbedryf op te skerp. Hierdie praktyk stel jou in staat om jou bates te beperk tot daardie areas waar hulle die meeste benodig word, en om bates in daardie areas op die doeltreffendste manier te gebruik. Byvoorbeeld, maklik verstaanbare patrone wat bo-oor ‘n satellietbeeld geplaas word, help om die ploeg van lande en die oesproses te maksimaliseer.
Intydse waarskuwings kan gestruktureer word om alarm te maak wanneer kritieke parameters oor skrei word, byvoorbeeld wanneer ongemagtigde personeel voertuie aanskakel of wanneer voertuie ‘n voorafbepaalde geo-sone verlaat.
Ctrack het spesifieke tegnologieë ontwikkel om seinblokkering te omseil.
Seinblokkeringstaktiek word ingespan deur kriminele elemente om die transmissie van selfoonseine wat gebruik word om voertuie op te spoor, te blokkeer. Ctrack se oplossings, wat nie bloot net steun op ’n selfoonsein om die posisie van bates noukeurig te bepaal nie, is ideaal in gebiede met beperkte of selfs geen selfoondekking nie.
“Telematiek help jou om jou werknemers se blootstelling aan risiko te verminder deur jou in staat te stel om gedrag te identifiseer en te korrigeer. Die proaktiewe monitering van operateurs en plaastoerusting is die sleutel om die risiko’s verbonde aan hierdie bedryf te minimaliseer,” sluit Jordt af.