Laeveld Agrochem bied innoverende oplossings aan die landbousektor en streef daarna om ‘n belangrike rol in die voedselveiligheidsketting in Suider-Afrika te speel.
Agri Technovation is Laeveld Agrochem se offisiële tegnologie vennoot en saam bied die maatskappye ’n groot reeks presisiedienste en produkte. Hierdie vennootskap is jare gelede gevorm om spesialisdienste aan produsente te bied. Die einddoel is om winsgewende en volhoubare boerdery te verseker deur akkurate, korrekte implementering en praktiese oplossings.
Hierdie presisiedienste sluit gespesialiseerde produkte en pasgemaakte advies rakende verskeie landboupraktyke, kultivars en tegnologiese vooruitgang in. Met hierdie gefokusde dog holisties benadering, kan wetenskaplike boerderybeginsels aangepas word om hul volle potensiaal te bereik vir verskeie gewasse soos graan, suikerriet, weidings, aartappels, uie, groente en verskillende vrugtegewasse insluitend sitrus, neute, tafeldruiwe, avokado’s, appels en pere.
Erik de Vries, hoof van Agri Technovation, is ’n spreker by Son-Safari Landbouskou. Kom saam na die Son-Safari by Mauritius vir persoonlike gesprekke met kenners oor hoe om die beste uit jou grond en oes te verkry. Besoek www.sonsafari.co.za
Dienste sluit in:
MYFARMWEB™
’n Interaktiewe wolk-gebaseerde platform vir die stoor, visualisering en vergelyking van groot volumes data uit verskeie bronne en sluit in lugfoto’s, grondfisiese en grondchemiese kaarte, topografiese kaarte, blaarontledings en opbrengskaarte. Alles op een platform sodat die produsent maklik en vinnig ’n goeie oorsig oor die boerdery kan hê om ingeligte besluite te neem.
MYSOIL CLASSIFICATION™
Grondklassifikasie is die evaluasie van gronde in terme van hul fisiese eienskappe en relevante taksonomiese stelsel.
Met hierdie diens kan totale areas gekarteer word ten einde addisionele insigte wat noodsaaklik is vir gewasproduksie. Gepaste gewasse vir ’n spesifieke grondtipe kan geïdentifiseer word, asook areas met hoë of laer potensiaal uitgewys word. Oplossings word gevind vir die bes moontlike bestuur en hoe om risiko’s so ver moontlik te verminder en opbrengste te verhoog. Verskillende besproeiings-sones kan geïdentifiseer word asook grondbewerkingtipe, laagtipe en diepte word so bepaal.
ITESTTM SOIL
Grond-chemiese ontleding verskaf antwoorde oor grondvoedingstatus, geleenthede en risiko’s. Deur ‘n presisie-gebaseerde grond-chemiese ontleding pro-aktief te doen, kan spesifieke areas waar plantvoedingregstellings nodig is, geïdentifiseer word.
Die veldwerk vir grond-chemiese kartering behels die neem van geo-verwysde grondmonsters op punte gemerk op ’n ruitpatroon (“grid”). Monsters word geneem deur ’n veldtegnikus met ’n akkurate GPS-toestel in bestaande of beplande boorde en lande. Oppervlak- en ondergrondse monsters word geneem en gestuur na ’n laboratorium vir ’n standaard grondontleding, wat dan verwerk en oorgeskakel in GIS- of grond-chemie kaarte.
ITESTTM LEAF
Individuele blaarmonsters en kaarte word geïntegreer deur die interpretasie van blaar (weefsel) ontledings, insluitend ratio’s tussen nutriënte en aanbevelings rakende regstellings. Indien grondklassifikasiekaarte beskikbaar is, word aanbeveel dat blaarmonsters verteenwoordigend van grondtipes geneem word. Blaarmonsters behoort per gewas, per fenologiese stadium geneem te word.
ITESTTM WATER
Hierdie diens help produsente om een van die mees kosbare hulpbronne te bestuur. Waterkwaliteit kan grond-chemie, bemestingspraktyke en die lang-termyn volhoubaarheid van grond beïnvloed en daarom is die gereelde toets van waterbronne ’n kritiese stap na sukses.
ITEST™ CARBOHYDRATES
Hierdie eerste in sy soort diens, is waar daar vir koolhidrate in blare en wortels getoets word. Koolhidrate speel ’n paar belangrike rolle in vrugtebome en ondersteun blomontwikkeling, fasiliteer die voltooiing van vrugset, verhoog vruggroei en skil-kleur ontwikkeling en is noodsaaklik vir vegetatiewe loot- en wortelgroei.
’n Tekort aan koolhidrate kan swak blom- en vrugset, klein vruggies, swak kleur en gebrekkige wortelgroei tot gevolg hê. Die ITESTTM CARBOHYDRATES diens verskaf belangrike inligting om produsente te help om alternerende drag te identifiseer en effektief te bestuur.
PICKLOGGERTM
’n Innoverende oesinstrument wat die ligging van elke pluk wanneer vrugte geoes word aanteken. Hierdie data word gebruik om vrugte-opbrengskaarte te produseer.
PPM™ (PRECISION PEST MONITORINGTM)
Presisie Pesmonitering is ’n hoë-definisie moniteringstelsel wat dit moontlik maak om peste en siektes in fyn detail te moniteer. Met hierdie diens word die voorkoms van peste en siektes gekoppel aan ’n tydlyn en geografiese koördinate. Deur die interpolasie van verskeie datapunte word ’n duidelike beeld van pes- en siekte-insidente of voorkoms geskep, om sodoende strategiese besluite te verbeter.
Ander dienste sluit in IFLYTM ‘n afstandswaarnemingsdiens, ITESTTM ROOT vir wortelontleding, ITESTTM PETIOLE vir spoorelement-ontleding, MyGROWTHTM vir weeklikste monitering van vrugte vir optimale oes, ITEST™ FRUIT & VEG vir vrugontleding.
ITEST™ RESIDUE diens toets die residu op vrugte, groente en neute volgens industrie standaarde.
Alle Agri Technovation dienste en produkte is eksklusief beskikbaar deur die Laeveld Agrochem-netwerk. www.laeveld.co.za/agente