James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Advertensie: Nasionale Boere Makelaars – Die vennote van korttermynversekering

Garrun Boere Makelaars (gestig in 2005) is welbekend vir die uitstekende diens wat hulle al vir jare lank in Mokopane en in Limpopo lewer. Hulle is veral gefokus op boere- en kort termyn versekeringe. Ons stel u van vandag af voor aan Nasionale Boere Makelaars (NBM). NBM is die her-gestruktureerde Garrun Boere Makelaars en lewer steeds dieselfde uitstekende dienste as waaraan u gewoond was. Ook die daaglikse bestuur bly dieselfde; Philippie de Beer (BCom (Insurance) Hon) en Hendrik de Swardt, is  bekendes in die versekeringswese. Menere Sandy Guthrie, Philippie de Beer en Hendrik de Swardt is nog steeds die aandeelhouers.

NBM is geaffilieer by Versma Bestuursdienste en is deel van die Insbro Groep en werk eksklusief met makelaars. Die nuwe hoofkantoor, wat onlangs betrek is, is in Ruiterweg 119, Mokopane. Daar is ook kantore in Marble Hall, Polokwane en Middelburg. Dan is daar ook ‘n Groblersdal Boere Makelaars kantoor. Mokopane Boere Makelaars (MBM) is ‘n afstammeling van Nasionale Boere Makelaars (voorheen Garrun Group). MBM werk weer net met kliënte  alleenlik.

Die Insbro Groep is een van die grootste versekeringsmakelaars groepe in die land. Nasionale Boere Makelaars, ’n divisie in die groep, het 28 takke en makelaars vennote dwars oor die land, wat uit 43 makelaars bestaan om kliënte te diens. Die NBM Groep en verskeie versekeringsmaatskappye het ooreenkomste bereik en ’n  maak-pas boere produk ontwikkel, byname die NBM Boere Polis. Hierdie is ’n eksklusiewe boere polis wat net vir die NBM Groep ontwikkel is. Die dienste wat deur die NBM Groep gelewer word sluit die volgende in: onderskrywing, uitreik van poliskontrakte, vorder van premies en uitbetaling van eise tot toegelate maksimums. Ons groep het ooreenkomste met die meeste versekeraars nl. Santam, OMI, Renasa, Western National Insurance, Hollard ens. Dit alles het ons net meer beheer gegee oor die tipe diens wat ons aan ons kliënte wil lewer, nl. professioneel, vinnig en akkuraat.

Die NBM Groep het gedelegeerde magte vanaf verskeie versekeraars en spesialis versekeraars. Ons het ooreenkomste met 31 versekeraars en onderskrywingsbestuurders in plek, wat almal standvastige ondernemings is om die kliënt ’n wye keuse te kan bied om sodoende ’n ingeligte besluit te kan neem rakende sy portefeulje.

Die voordeel wat ons die TLU SA en hul lede bied

  • Die boer (nuwe kliënt) kry 10% afslag indien sy premie minder as R3,000 per maand is en 15% as sy premie meer as R3,000 per maand is. Dit beteken dat elke boer sy huidige skedule moet lewer, daarna kry hy die afslag, mits eise verhouding minder as 70% is.
  • Die DLU waaraan die boer behoort kry 15% van die Makelaars- kommissie as ’n diensfooi. Dit is ongeveer 2,25% van die premie.
  • Op ’n gemiddelde premie van R 6,500 per maand beloop die diens- fooi op R1,750 per jaar wat aan die struktuur oorbetaal word.
  • ’n Unieke pasgemaakte boere versekerings produk, enigste in sy soort in Suid-Afrika, word aan u lede beskikbaar gestel.
  • ’n Keuse om met enige van die vernaamste versekeraars in die land mee besigheid te doen.
  • ’n Eenstop diens  wat alle fasette van korttermynversekering aan kliënte bied nl.:
    • Landbou Bate Versekering
    • Kommersiële Versekering
    • Persoonlike Lyne
    • Oesversekering
    • Wild Versekering
    • Lewende Hawe Versekering
    • Marine Versekering
    • Toerusting Alle Risiko en Kontrakteurs Versekering
    • Lugvaart Versekering
    • Swaar Motor Voertuie en Transito Versekering

Vir verdere inligting rakende die NBM Groep kan u vir Mnre. Hendrik de Swardt (082 852 8039) of Philippie de Beer (083 230 4583), skakel, of om te versoek dat ’n makelaar u moet besoek.

Kategorie:

Deel dit:

Advertensie: Nasionale Boere Makelaars – Die vennote van korttermynversekering

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.