James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Boodskap Van Bennie | Augustus 2021

Die toekoms van ons land

Die doelwit van die ANC-beleid is om alle bates van en in die land onder hulle sentrale beheer te kry en dan te besluit hoe en deur wie dit aangewend mag word. Die uitkoms vir die ANC is slegs gefokus op die kaders wat naby die vuur staan en die res van Suid-Afrika betaal die prys daarvoor.

As ons byvoorbeeld kyk na onteiening – in welke vorm ookal – waar daar nie vergoeding ter sprake is nie, is dit is dus reg dat ons hierdie aanslag op die beginsel van eiendomsreg moet teëstaan.

Die probleem is egter dat ons deurentyd besig is om die simptome van die ANC-beleid aan te spreek, maar die oorsaak van die probleem bly en genereer deurentyd net nuwe simptome of probleme. Elke “simptoom” wat afgewend word is slegs van korte duur alvorens hulle ‘n nuwe invalshoek gebruik om by hulle doelwitte uit te kom.

Dit is in ons aard om dinge skeppend en opbouend aan te pak. Daarom sal ‘n plan wat slegs behels dat die ANC gediskrediteer word, nie werk nie. Ons planne moet insluit hoe ons onsself in die toekoms verby die ANC gaan presteer. Dit is nodig dat ons harder en beter moet dink oor hoe ons die ANC se beleid moet aanspreek, dit volledig moet diskrediteer en ook bloot te lê vir wat dit is.

  • Die beleidsomgewing van die ANC skep deurlopend groter werkloosheid en gepaardgaande armoede. Die oplossing vir hierdie probleme wat juis ontstaan as gevolg van die regering se onvermoë is telkens net om verdere toelaes te gee. Dit op sigself is nie volhoubaar nie.
  • Dit blyk al hoe meer dat dit vir die ANC feitlik onmoontlik is om die regte aspekte te implementeer om ekonomiese groei te bewerkstellig. Die privaatsektor baklei hard om dit te bewerkstellig, maar soms raak dit amper onmoontlik om by die beleidsomgewing verby te kom om wel suksesvol in besigheid te kan wees. Daar is bydraende faktore wat negatief inspeel op geleenthede in die ekonomie, maar buiten die bestaan van COVID-19 kan die wyse hoe dit gereguleer word sowel as die uiters swak veiligheidsomstandighede in die land, ineenstorting van feitlik alle stelsels en die infrastruktuur wat in duie stort alles voor die ANC se deur gelê word.

Dit is van belang dat ons moet fokus op positiewe uitkomste vir Suid-Afrika en ons inwoners.  Dit is ‘n ope vraag of die ANC enigsins nog ‘n rol kan speel om positiewe uitkomste te bewerkstellig.

Buiten die behoud van privaat besitreg en die vrye mark as die meganismes wat welvaart kan skep sal ons wyer en meer omvangryk moet kyk na moontlike uitkomste om op te fokus.

Daar is vandag verskeie plekke waar lede betrokke kan raak om met groot verantwoordelikheid ‘n verskil te kan maak. Dit is noodsaaklik om dit vanuit ‘n vaste geloofsbegronding te doen. Dit is wat ons deur al hierdie uitdagings sal dra.

 

Groete, Bennie

 

 

Foto |  Den Harrson on Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

Boodskap Van Bennie | Augustus 2021