James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Boodskap Van Bennie | Januarie 2023

2023

Die jaar is reeds in sy volle swang. Graag wil ons vir elkeen van ons lede, vriende en bondgenote baie sterkte toewens vir die jaar se werksaamhede.

Die uitkomste wat in ’n deurmekaar wêreld gaan ontsluit lê nie noodwendig in ons hande nie. Wat ons wel weet is dat ons ’n kultuuropdrag uit die Woord ontvang het om te bewaak en te bewerk. Dit is toekomsgerig en taak gerig wat op ons elk ’n verantwoordelikheid plaas – as individue, maar ook op ons as organisasie. Dit bring mee dat ons in vaste geloof en vertroue wel ’n invloed moet uitoefen om die omstandighede te rig om tot eer van God te skep.

In 2023 gaan ons gewis heelwat uitdagings ervaar, dit is ’n feit. Indien ons die oog heeltyd gevestig hou op die probleme, bring dit gewis nie skeppende denke na vore nie. As Christene weet ons dat met die oog gevestig op Christus sal die antwoorde vir die probleme wel gevind word. Met die regte gesindheid kan ons voluit lewe as oorwinnaars in Christus wat reeds namens ons die sonde oorwin het.

Mag ons aan die einde van 2023 kan terugkyk na nog ’n geseënde jaar omrede ons fokus deurentyd korrek gaan wees.

 

Foto: dashu83 | Freepik

Kategorie:

Deel dit:

Boodskap Van Bennie | Januarie 2023