James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Boodskap Van Bennie | Julie 2022

Landbouplan 

’n Redelike groot debat het in die media ontstaan oor die Agricultural  and Agro-processing Master Plan wat afgeteken is sonder dat TLU SA se insette ooit hanteer is.  Dit moet in die begin duidelik gestel word dat daar bepaalde kundige navorsing en punte in die afgetekende plan vervat is waarmee TLU SA baie gemaklik is. Die kommentaar wat gegee word deur rolspelers wat die plan wel afgeteken het, fokus op daardie aspekte en indien dit al was wat in die plan vervat was sou TLU SA heel moontlik ook nie ’n probleem gehad het nie. Die harde werklikheid is dat die hele plan afgeteken is en die probleem lê juis in daardie dele waaroor daar geswyg word of waar daar steeds begrippe gebesig word wat tot op hede vir ons mislukkings veroorsaak het.

TLU SA, Saai, LWO en Neasa wil almal uitnooi om insette te gee om ’n ekonomies gerigte plan daar te stel en dan te implementeer.

Reg deur die land word ervaar dat alle inwoners moeg is vir die resultate van die ANC se ideologiese uitgangspunte wat sedert 1994 nog net meegehelp het dat dinge agteruitgaan. Dit kan glad nie verstaan word dat hier waar ons ’n geleentheid gehad het om ekonomiese beginsels te laat vergestalt persone in stilswye toekyk hoe daar ten spyte van goeie punte in die AAMP, die knie weer gebuig is voor die ideologiese aspekte wat ook daarin vervat is.

Het ons moontlik by ’n waterskeiding gekom en sal individuele persone (boere) voortaan moontlik gedwing word om duidelik ’n keuse te moet maak oor wat hul ondersteun?  Stilswye impliseer kondonering. Dit is nou tyd dat elke boer toe tree tot die debat en hulself te skaar by die keuse wat hul uit oortuiging in glo. Indien dit die ideologiese pad van die ANC is, moet ons besef dat die pad gesaai met nog net mislukkings ons voorland is en die gevolge daarvan noodwendig gedra moet word.  Gelukkig is dit so dat elke persoon wat begrip het oor hoe die ekonomie werk, besef dat die laaste sê deur die markkragte gesê sal word. TLU SA wil seker maak dat die meganismes wat sukses kan veroorsaak nie gekontamineer word deur sinkende ideologieë nie.

Photo | Julian HochgesangUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Boodskap Van Bennie | Julie 2022

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.